Bou jou eie besigheid

Wil jy ’n huis in ’n besigheid om­skep? Kry wen­ke by ons sus­ter­tyd­skrif Lééf – hul spa in Johannesburg was op ’n tyd ’n reg­te ge­sins­huis! En kyk nou …

Tuis Opknap - - Inhoud -

Toe die Lééf-re­dak­sie be­sluit hul­le wil ’n spa oop­maak in ’n ruim­te wat ook kan werk as kan­toor vir die re­dak­sie, was ’n te­kort aan plan­ne nie dié kre­a­tie­we span se pro­bleem nie. Die groot soek­tog was ’n huis wat reg ge­leë is, en ook “die reg­te be­ne” het – een wat met die mi­ni­mum uit­ga­wes ten bes­te ver­an­der kon word.

Toe hul­le op dié een in Lin­den-uit­brei­ding af­kom, het hul­le ge­weet dis net reg, ver­tel Chris­ti­ne Fer­rei­ra, die re­dak­teur.

“Die huis, wat uit die se­wen­tigs da­teer, was reeds half­pad op­ge­knap. Dit was i­de­aal uit­ge­lê vir ’n spa: groot, oop ver­trek­ke, ’n groot woon­ka­mer met ’n kag­gel, ’n twee­de woon­ver­trek met ’n dub­bel­hoog­te-pla­fon en lief­li­ke dak­ven­ster.” En ge­noeg par­keer­plek om­dat die vo­ri­ge ei­e­naars ’n ou ten­nis­baan op­ge­kap het. Dis met gruis ver­vang.

En so het ’n vyf maan­de lan­ge pro­jek be­gin (’n bou­ers­va­kan­sie in­ge­sluit!).

Vir die re­dak­sie­kan­to­re is ’n ou bui­te­ka­mer en -bad­ka­mer om­skep in ’n kan­toor vir die re­dak­teur, met werk­plek langs­aan vir vyf re­dak­sie­le­de.

Aan die spa-kant is die hulp van ’n s­pakon­sul­tant in­ge­roep – en toe kon die bou­kon­trak­teur weg­spring.

“Die ver­an­de­rin­ge was een­vou­dig en lo­gies,” ver­tel Chris­ti­ne.

Fo­to’s Deur Wi­cus P­re­to­ri­us Chris­ti­ne Fer­rei­ra en Hanneri de Wet

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.