Hoof­ver­an­de­rin­ge

Tuis Opknap - - Inhoud -

Die be­staan­de kom­buis­kas­te is ver­wy­der en ver­koop. Die ou ag­ter­deur (waar die ys­kas nou staan, sien hooffoto oor­kant) is toe­ge­bou en ’n nu­we een is na regs ge­bou vir ’n ge­mak­li­ker vloei van die eet­ge­deel­te, deur die kom­buis tot in die ag­ter­plaas.

’n Bou­er het die muur tus­sen die kom­buis en Jus­tin se ou slaap­ka­mer uit­ge­breek. ’n E­lek­tri­si­ën het nu­we krag­pun­te in die kom­buis­vloer en -mu­re ge­ïn­stal­leer. Ri­chard het self die lood­gie­terswerk ge­doen – ’n nu­we vaar­dig­heid! Elai­ne het toe die uit­leg van die kom­buis en kas­te ont­werp, en ’n saag­lys vir die plan­ke op­ge­stel.

Na­dat die plan­ke af­ge­le­wer is, het Ri­chard die kas­te aan­me­kaar­ge­sit met Elai­ne as sy as­sis­tent. Die kin­ders het hand by­ge­sit om die reg­te groot­te plan­ke te vind – wat nog­al ’n reu­se­taak was!

Die par­ket­vloer in Jus­tin se ou ka­mer is ver­wy­der en een­kant ge­hou vir die nu­we eet­ge­deel­te. ’n Vloer­maat­skap­py het die vi­niel­vloer in die kom­buis ge­ïn­stal­leer, waar­na die kas­te in­ge­bou is.

Na­dat die kas­te in­ge­bou is, is die bam­boes­werk­blaaie in die reg­te groot­tes ge­saag, ver­nis en ge­ïn­stal­leer; Elai­ne het die deu­re met Chloe se hulp ge­verf. Ri­chard het al die deu­re, laaie en hand­vat­sels ge­ïn­stal­leer. Die paar­tjie het self die mu­re ge­te­ël – nóg ’n vaar­dig­heid wat hul­le be­mees­ter het.

’n Col­la­ge van va­kan­sie­fo­to’s hang bo­kant die 60 cm­ruim­te­be­spa­ren­de oond (regs).

Voor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.