Ta­fel met ’n kin­kel

Tuis Opknap - - Vars Idees -

Alf Til­ley het ’n dooie hoe­kie van sy ag­ter­plaas in Kaap­stad in ’n ge­sel­li­ge bui­te­kui­er­plek om­skep, kom­pleet met ’n nu­we vuur­put en in­ge­bou­de ban­ke. Hy hou van die kon­tras tus­sen me­taal en klip, en met dié voor­koms in ge­dag­te het hy draad­bok­se (be­kend as skanskor­we) ge­bou wat per­fek tus­sen-in en weers­kan­te van die sit­plek pas. Hy wou iets be­kos­tig­baars hê wat maar kon nat­re­ën en die ban­ke sou kom­ple­men­teer.

“Die draad­bok­se is groot ge­noeg dat dit as sy­ta­fels kan dien, maar dit word ook ge­bruik as on­der­skei­de­lik ’n blom­bak, ys­boks en ’n bê­re­plek vir braai­hout,” sê Alf.

Dis in die de­tail

Met die in­trap­slag weet jy dis ’n mu­si­ka­le huis dié. Die kla­vier in die dub­bel­vo­lu­me-voor­por­taal is A­let­té s’n – soos Heinz is sy ook ’n kra­ni­ge mu­si­kant. Oor die fo­to’s teen die muur sê A­let­té: “Ons het eint­lik te min plek vir fo­to’s, so ons sal maar van tyd tot tyd daar­van moet ver­vang.” Die lang ven­ster was ’n blink i­dee van The Plan Co., wat die plan­ne vir die Winckler-pro­jek op­ge­trek het. Die trap­re­ling is deur De­sign­weld en die se­ment­vloer is af­ge­werk met Tal S­creed­mas­ter.

Hy wou ’n a­tel­jee hê en “’n groot gras­perk vir die seuns”; sy het ge­droom van ’n in­stap­kas. En hier is dit nou: Die san­ger Heinz Winckler en sy vrou, A­let­té-jo­han­ni, se droom­huis in So­mer­set-wes – met als wat hul­le nog al­tyd wou hê.

“Om uit Jo­han­nes­burg hier­heen te trek was vir ons ’n ge­loof­stap,” ver­tel A­let­té, ’n voor­koms­kon­sul­tant. Ná ’n be­soek in 2013 aan Heinz se ou­ers in Bet­tys­baai aan die O­ver­berg­se kus was die be­sluit vir hul­le mak­lik en het hul­le in So­mer­set-wes be­gin huis soek.

“Ons was ver­lief op die skoon­heid van die om­ge­wing,” ver­tel sy. “Daar is vir ons nie ’n mooi­er plek as hier nie. Dis na­by die see, vir my werk na­by ’n groot win­kel­sen­trum, vir Heinz wat baie reis na­by ’n lug­ha­we. Dit was ’n no-brai­ner !”

Maar dis nie a­sof die voor­ste­de­li­ke huis wat hul­le bin­ne ’n jaar tot ruim ge­sin­stuis­te en kui­er­plek om­ge­to­wer het, uit die staan­spoor die wow- fak­tor ge­had het nie…

“Ons het na baie hui­se ge­kyk en ge­hoop ons kry die per­fek­te plek waar ons net kon in­trek,” ont­hou A­let­té. “Maar dit het nie ge­beur nie. Dis my ma wat ons toe aan­ge­por het om iets goed­ko­pers te koop en dit self op te knap soos ons dit wou hê.

“Ek ont­hou nog hoe ek die eer­ste keer toe ek dié huis sien, ge­dink het ‘daar is geen ma­nier nie’ ...”

Maar uit­ein­de­lik, dank­sy raad van kun­di­ges, kon hul­le die reg­te aan­bou­ings en ver­be­te­rings doen. “Nou is dit ’n vei­li­ge ha­we vir ons ge­sin, met ge­noeg kui­er­plek vir fa­mi­lie en vrien­de, speel­plek vir die kin­ders en werk­plek vir ons al twee en ons as­sis­tent.” >> Die kom­buis, ge­ïn­stal­leer deur Su­bli­me Cup­bo­ards, het werk­blaaie van ki­aat en die kas­te is ge­verf in die kleur Plas­ter van Plas­con. Die staal­balk was no­dig om­dat die dra-muur daar oop­ge­breek is toe die kom­buis ver­groot is. Waar die ys­kas staan, was voor­heen ’n dooie, on­be­nut­te hoe­kie voor­dat dit by die huis ge­ïn­kor­po­reer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.