Tuis Opknap

Aletté-johanni

-

Die ligte bo die tafel in die ingangspor­taal was die idee van ’n beligtings­ontwerper, Charlene Nienaber van Charliende­sign. Waar Heinz se ateljee nou is, was voorheen net ’n afdak. Die ateljee het sy eie ingang, en dis hier waar hy die meeste van die liedjies op sy nuwe album, Roar, geskryf het. ’n Gastekamer en -badkamer langs die ateljee bied slaapplek wanneer vriende en familie kom kuier.

Aletté wou ’n romantiese Victoriaan­se gevoel in dié badkamer skep, en die pootjiesba­d van Tile Africa pas dus perfek. Die laaikas van Chikadee is spesiaal as smukkas vir dié badkamer gemaak. “Ongelukkig is die krane bietjie kort vir die wasbakke,” sê Aletté. “Die kas word papnat wanneer jy jou hande was.” Die spieël is van MRP Home en die treffende smaraggroe­n verfkleur is Barbados Bay van Plascon.

Ná die uitgebreid­e bouwerk is die tuin van voor af ontwerp en uitgelê deur die plaaslike landskapar­gitekte Oriole Organics.

Die kombuis van die ou huis het op dié stukkie onbenutte stoep ( uitgeloop; dis nou by die nuwe, ruimer kombuis ingesluit.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa