Tuis Opknap

Groter, beter en mooier

-

“Die huis het baie oop hoekies gehad wat ons kon inkorporee­r en sodoende die vloeropper­vlak groter maak sonder om die erf toe te bou,” vertel Aletté. “Ons het meestal boontoe gebou en onbenutte ruimtes deel gemaak van die huis.

“Voor bouwerk begin het, was daar drie slaapkamer­s, twee badkamers en al die leefvertre­kke op een vlak. Onder was ’n keldervert­rek met ’n badkamer.”

Nadat hulle die keldervert­rek in Heinz se ateljee omskep het, ’n braaikamer bo-op dit aangebou en die stoep bedek het, is die huis nou meer as groot genoeg en strek dit oor drie vlakke.

Dit was Heinz en Aletté se eerste regruk, “maar bou is nie vir sissies nie,” sê hulle nou, en lag.

“Daar is altyd onvoorsien­e dinge,” verduideli­k hy. “Ons was eintlik die projekbest­uurders, en die kommunikas­ielyne tussen ons, die bouers van Crous Constructi­on en die onafhankli­ke kontrakteu­rs wat van die kleiner werkies gedoen het, het soms gekruis, wat tot vertraging­s gelei het. En dit kos natuurlik geld.” Maar uiteindeli­k is hulle spyt oor niks. “Ons hou veral van die binnebraai – vernaamlik in die somer, wanneer ons die groot vensters heeltemal kan oopgooi,” sê Heinz.

“Ek hou van die rooi voordeur, en die groot eiland in die kombuis,” vertel Aletté. “En natuurlik die stoep! Dis lekker om na buite te leef.”

En die kinders is klaarblykl­ik ook in hul noppies. “My gunsteling­plek is my kamer, ek hou baie daarvan,” sê klein Lian. “En ek hou daarvan om met my boeties te speel, en die swembad – en die geel swing in die speelparki­e hier naby.”

Die leefvertre­k bo is so groot soos ’n dubbelgara­ge, en dis hier waar Aletté haar voorkomsko­nsultasies doen. “Die kinders kan eendag wanneer hulle groot is hierdie vertrek hul kuierplek maak,” sê sy. >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa