Tuis Opknap

Dis ons uitspanple­k

Die Van der Walts het baie vakansies opgeoffer om dié wegbreekpl­ek reg te ruk – nou kan hulle die vrugte van hul arbeid pluk wanneer hulle wil uitspan.

-

Soos baie van ons het Christo, ’n ingenieur, en Annaat, ’n apteker en meubel-invoerder, baie besige lewens – by die werk en by die huis. En namate die einde van elke jaar naderkom, is hulle meer as gereed om af te skakel en gehaltetyd saam met familie en vriende deur te bring.

Vir hulle beteken dit om in die feestyd weg van hul huis in Pretoria te wees. Daarom het hulle in 2004 besluit om ’n vakansiehu­is op die prentjiemo­oi OosKaapse dorpie Kaap St Francis te koop.

Die huis was aan die klein kant, maar die see-uitsig en rustige omgewing het die eiendom onweerstaa­nbaar gemaak; hulle Christo en Annaat van der Walt en hul kinders, Lismari (20) en Nicola (16) Kaap St Francis 238 m² Suid het die huis gekoop en besluit om mettertyd die opknapwerk te doen. En sedert 2012 het dié gesin stadig maar seker die ruim vakansiehu­is van hul drome geskep.

Heel eerste is bouers ingebring om die groot strukturel­e veranderin­ge aan te bring – die grootte is verdubbel van ’n knus 115 m² tot ’n gemaklike 238 m². Nou spog die huis met vier slaapkamer­s, vier badkamers en oorgenoeg plek vir kuiergaste.

Maar sake het nie heeltemal seepglad verloop nie: Weens swak vakmanskap was die mure skeef, vensters is op verkeerde plekke ingebou en baie materiaal is gemors. Maar aanhouer wen, en jaar ná jaar het hulle aan die projek bly werk – hulle het geteël, gebou en kaste geïnstalle­er, die trap gebou, meubels opgekikker en geverf.

Nou is hul droomhuis klaar, en kan hulle uiteindeli­k skoene uitskop en ontspan wanneer hulle by die see is. “Ons kan nie vir meer vra nie,” sê Annaat. “Dis pragtig en vreedsaam.” Die huis grens aan ’n natuurrese­rvaat en hulle sit dikwels op die groot duin daar naby en kyk uit oor die kilometers lange ongerepte strand.

“Ons sien jaar ná jaar uit na ons Kersvakans­ies hier en kan ure lank stap, swem of fietsry. Dis ook lekker om net die uitsigte, soos die Seal Point-vuurtoring, te geniet.”

Die fokusmuur in die kombuis is geverf in die Plascon-kleur Cornflower. Die Van der Walts het die sweefrakke van ou steierplan­ke gemaak. In ’n oorwegend wit ruimte vang treffende bykomstigh­ede soos dié ketel-hangligte van The Lamp Factory die oog. Van die eetkamerta­fel bied die skuifdeure ’n onbelemmer­de uitsig op die duine, see, vuurtoring en omliggende woongebied. Om die ruimte lig te laat voel is die verniste dennehoutb­alke wit geverf.

Die oopplan-kombuis-eetareaen-sitkamer maak op die dek oop. Hier skep die neutrale mure ’n ontspanne atmosfeer met spatsels kleur in die bykomstigh­ede. Hulle het die eiland self geïnstalle­er en die hout van die oorspronkl­ike vloere hier hergebruik. Met die uitsonderi­ng van die trap en badkamers is al die ou, afgeleefde houtvloere vervang met beton en bedek met Belgotex se Providence Miles Ash-vinielteël­s. “Nou is dit maklik om die vloere skoon te hou – baie prakties vir ’n vakansiehu­is!” sê Annaat. >>

Dié gastekamer is ’n klassieke kombinasie van oud en nuut in verskeie skakerings van blou. Die tweedehand­se yster-bedlampe het nuwe kappe gekry en die patryspoor­t-spieëls is verguld en geverf. “Ons het gemik vir eenvoud, gemak en ’n ligte gevoel met ’n tikkie nostalgie,” sê Annaat. Onder Lismari en Nicola se take was die versiering van die badkamers. Die kaste en spieëls is geverf vir ’n verweerde voorkoms. Die mure is geverf in wit en Plascon Velvaglo Stardust, terwyl swart en wit teëls wat skuins gelê is en ’n swart kandelaber ’n bietjie visuele drama by die blou kleurskema voeg. Die vars palet put inspirasie uit die see, sand, skulpe en Annaat se liefde vir turkoois. Die prettige blou mure in Lismari en Nicola se kamer is geverf met Plascon Fieldstone. Feetjielig­gie-lanterns agter die losstaande spieël bring ’n tikkie speelsheid in.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa