Uit hul no­ta­boek

Op dié plot bui­te Potch kan mens maar kom kers op­steek, want hier word ge­woe­ker.

Tuis Opknap - - Woonstel -

Dank­sy Chris­ti­aan en Ma­rin­da se prys­geld van R25 000 van Pen­ny­pin­chers Tim­ber­ci­ty toe hul­le in 2014 as al­ge­he­le wen­ners van ons Re­gruk met Flair- kom­pe­ti­sie aan­ge­wys is, kon hul­le hul vol­gen­de groot pro­jek aan­pak: Om ’n be­knop­te woon­stel aan hul huis te ver­groot met ’n sol­der­ver­trek – en so­doen­de ’n ek­stra in­kom­ste te ge­ne­reer met die ver­hu­ring daar­van.

Plan­ma­kers, dié twee – dit weet ons mos nou al.

“Ons het des­tyds som­mer in die week ná die kom­pe­ti­sie al weg­ge­spring deur na die naas­te Pen­ny­pin­chers te ry en een he­le bak­kie­vrag se geld op een dag te span­deer!” ver­tel Chris­ti­aan lag­gend.

Die woon­stel op die een ent van hul huis se gang het be­staan uit twee ver­trek­ke wat met ’n dro­ë­muur van spaan­der­bord ge­skei is. Hul­le het be­sluit om die he­le ruim­te as ’n leef­ver­trek in te rig met ’n oop­plan­kom­bui­sie en ’n klein bad­ka­mer on­der, en dan ’n nu­we slaap­ka­mer in die sol­der­ruim­te te skep.

“Ons het die woon­stel net voor die Aard­klop-kuns­te­fees in 2015 ge­reed ge­had en be­sluit om dit vir ’n week te ver­huur,” ver­tel Chris­ti­aan.

“Hier­na het ons be­sef die slaap­ka­mer bo is te be­knop en die dak te laag. Ein­de 2015 het ons toe die dak ge­deel­te­lik ge­lig en nog ven­sters in­ge­bou – dit het die pro­bleem on­mid­del­lik op­ge­los.”

Die ven­sters bo die bed is eers ag­ter­na in­ge­sit en die dak is ge­lig om ek­stra ruim­te te skep. Ag­ter die bed verskaf ge­golf­de sink­pla­te ek­stra de­tail. Kus­sings met blom­stin­gel-ont­werp van Wool­wort­hs; wit blom­pot­te van MRP Ho­me

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.