Tuis Opknap

Uit hul notaboek

Wat iemand anders wil weggooi, is dalk presies waarna jy soek – daarvan kan Marieta getuig.

-

Die ou, verweerde leiklipteë­ls en sauna oorgetrek met sink op haar geliefde stoep het Marieta dwars in die krop gesteek. “Dit was regtig ’n seeroog. Ek wou so graag ’n mooi stoep hê waar ek soggens lekker my koffie kan drink en stiltetyd hou, en in die middag weer die lekker westeson kan geniet,” vertel dié Vrystater.

Hulle wou nie kontrakteu­rs gebruik nie; daarom het sy in ware Regruk met Flair- styl self ingespring, met haar jare lange tuinwerker en huishulp wat hand bygesit het.

Die leiklipteë­ls is opgekap, die vloer is glad gemaak met ’n sementmeng­sel en toe geverf – eers met ’n bindingson­derlaag en daarna met Dulux Acrylic PVA Exterior en laastens met ’n klipseëlaa­r. “Ja, ek weet PVA is nie eintlik geskik vir my doel nie, maar ek het my hart op die kleur – Maison Blanche – verloor en dis nie in stoepverf te kry nie. Daar is ’n klein gedeelte wat afdop omdat dit nat raak, maar ek verf en seël dit maar net weer,” verduideli­k Marieta.

Die dak kon onverander­d bly, en net die hulp van ’n elektrisië­n is ingeroep om die ligte, wat sy nuut gespuitver­f het, weer te verbind.

“Ek het ook seile laat aanbring vir winderige en reëndae,” vertel Marieta. “Dit beskerm my meubels en wanneer dit nie benodig word nie, rol ons dit op en dan is dit netjies buite sig. Die seile is ’n groot aanwins en rond die stoep mooi af.”

Voor

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa