D

Tuis Opknap - - Kombuis -

Die ou op­stal op die plaas S­teyns­kraal bui­te Hei­del­berg in Gau­teng was so te sê ’n bou­val voor­dat Yo­lan­dé Lotriet en haar man, Je­an, be­sluit het om dit nu­we le­we te gee.

“Ons moes al­les in die huis oor­doen; om­dat dit vir ja­re leeg­ge­staan het, is al die be­dra­ding, py­pe, deu­re en ven­sters ge­steel,” ver­dui­de­lik Je­an.

Die paar­tjie het be­sluit om die kom­buis eer­ste aan te pak. “Dit was die eer­ste ver­trek waar­voor ons ’n be­slis­te vi­sie ge­had het: ’n warm, ge­sel­li­ge ruim­te waar jy ure lank saam met gas­te kan kui­er.”

Al het hul­le ’n bou­er se hulp ge­had met bou- en breek­werk, re­ken Je­an hul­le het so­wat 80% van die werk self ge­doen – dit sluit die maak van al die ven­ster­ra­me in. “Ek het al die lood­giet-, e­lek­trie­se en hout­werk ge­doen; Yo­lan­dé het weer mooi­ge­maak en ge­verf.”

Om geld te spaar, het die twee oor­skiet­ma­te­ri­aal wat hul­le op die plaas op­ge­tel het, waar­on­der bak­ste­ne, se­ment en la­teie, be­nut – dit is hoof­saak­lik vir die kas­te en werk­blaaie ge­bruik.

Vir die vloer het die Lotriets lei­klip­te­ëls ge­kies wat die rus­tie­ke voor­koms be­klem­toon; hul groot­ste uit­da­ging was om die vloer ge­lyk te kry. “Ons het drie ver­skil­len­de ver­trek­ke ge­kom­bi­neer en dit was moei­lik om al­les op een vlak te kry,” ver­dui­de­lik Je­an.

Tus­sen die tref­fen­de kom­buis­lig­te is ou pa­raf­fien­lam­pe wat be­draad is, ter­wyl die kool­stoof ge­maak is van leë drom­me wat op die werf rond­ge­lê het.

Die hout­ta­fel het am­per ses maan­de lank in ’n mod­der­poel ge­lê voor Je­an en Yo­lan­dé dit nu­we nut ge­gee het.

Ous­kool­se stoe­le kom­ple­men­teer die plaas­kom­buis-ge­voel; Yo­lan­dé het dit in ’n twee­de­hands­win­kel op Hei­del­berg ont­dek. Die uit­stal­kas is uit ’n werks­win­kel ge­red; dis her­stel, skoon­ge­maak en af­ge­skuur.

Yo­lan­dé het die deu­re van die was­bak­kas ver­sier met ser­vet­te wat sy met pod­ge vas­ge­plak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.