T

Tuis Opknap - - Iets Van Nuuts -

Toe Sa­rel en Li­za­ma­riè du P­les­sis be­sluit om ’n woon­stel op hul 1 ha-hoe­we in Riet­val­lei­rand, P­re­to­ria, te bou, was ’n kom­bi­na­sie van staal­bal­ke en dak­pla­te hul keu­se.

Die re­de? Die bou­pro­ses is vin­nig en goed­koop, en een­vou­dig ge­noeg dat hul tui­niers die mees­te van die bou­werk mak­lik kon be­har­tig. En om­dat dié ma­nier van bou geen bak­steen- of pleis­ter­werk be­hels nie, en baie min be­ton­werk, kon hul­le “lig­gies trap” op moe­der­aar­de.

Sa­rel en Li­za­ma­riè is al­bei ar­gi­tek­te, on­der­skei­de­lik by Pul­se Ar­chi­tects en Pro­ject­works. Hul­le woon al twin­tig jaar hier en was vas­be­ra­de om met die bou van die woon­stel “groe­ner” te werk te gaan.

“Ons be­plan om met ver­loop van tyd so­wat 20 van dié hui­sies te bou en dan te ver­huur so­dat ons ’n in­fla­sie-ge­kop­pel­de in­kom­ste kan hê ná ons af­tre­de,” ver­dui­de­lik Li­za­ma­riè.

“Staal kan mak­lik her­win word en dis ’n sko­ner ma­nier van bou.”

Die grys kleur teen die kas­te in die oop­plan-kom­buis en leef­ver­trek is Ba­li Deep 46 uit Plas­con se Es­sen­ti­al Col­lecti­on.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.