S­plin­ter­nuut – met ’n lek­sel verf!

Twee vin­ding­ry­ke man­ne het met ’n paar kos­me­tie­se ver­an­de­rin­ge hul ou­der­wet­se kom­buis in ’n lig­te, kon­tem­po­rê­re ruim­te om­skep.

Tuis Opknap - - Hallo - Deur S­hané Bar­nard • Fo­to’s El­za Roux en ver­skaf S­ti­le­ring Su­re­tha Jan­sen van Rens­burg

S­plin­ter­nuut – MET ’ N LEK­SEL VERF!

T­toe

Ben­nie Bou­wer en Ga­wie Wol­ma­rans in De­sem­ber 2014 by hul ou, af­ge­leef­de huis in­trek, het hul­le by­na da­de­lik be­gin op­knap. “Die he­le plek was ska­ke­rings van bruin, don­ker­rooi en don­ker­grys, met ou­tyd­se te­ëls en af­wer­kings,” ver­tel Ga­wie.

Maar saam het hul­le die bul by die ho­rings ge­pak en stuk-stuk hul stem­pel op el­ke ver­trek af­ge­druk.

Die don­ker kom­buis met sy oud­mo­die­se te­ëls was be­slis die ver­trek waar­van hul­le die heel min­ste ge­hou het, al was die kas­te eint­lik nog in ’n goeie toe­stand.

“Ons wou die uit­leg van die ruim kom­buis be­hou, maar dit ’n mo­der­ner voor­koms gee en die bes­te ge­bruik maak van die na­tuur­li­ke lig,” ver­dui­de­lik Ga­wie.

Daar­om, pleks van uit­breek en van voor af – én ten duur­ste – ’n nu­we kom­buis laat in­stal­leer, het hul­le met ’n paar bo­lang­se ver­an­de­rin­ge die af­ge­leef­de ruim­te in hul droom­kom­buis om­skep.

In Maart van­jaar kon die werk be­gin: ’n laag nu­we verf vir die be­staan­de kas­te; nu­we, kon­tem­po­rê­re me­tro-te­ëls teen die mu­re en, ter af­ron­ding, nu­we be­kle­ding ag­ter die piz­za-oond in die bin­ne­hof.

B­link­nuut lyk dié kom­buis nou – ’n mens kan kwa­lik glo dis die­self­de ruim­te!

Die paar­tjie het die werk meest­al self oor na­we­ke ge­doen; hul tuin­wer­ker, Lucky Ka­mu­rai, het da­rem ook hand by­ge­sit toe die kas­deu­re weer vas­ge­skroef moes word.

“Vir vier we­ke was die he­le oop­plan-ruim­te per­ma­nent on­der die stof. Ons het ’n be­hoor­li­ke ‘spring cle­an’ no­dig ge­had toe ons ein­de­lik klaar was!” spot Ga­wie nou. >>

Wie woon hier?

Die ver­sa­me­ling ke­tels was al­mal op ’n kol deel van die man­ne se kamp­toe­rus­ting. “El­ke keer as ons ’n nu­we tent of ka­ra­vaan ge­kry het, het ons ’n ke­tel­tjie ge­koop wat by die kleur­ske­ma pas,” ver­dui­de­lik Ga­wie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.