Tuis

Tydloos elegant

-

Nadat Sharon Rix en Rudolph Prinsloo in Februarie 2019 hul huis op Stellenbos­ch gekoop het, het hulle dadelik die kombuis en badkamers opgeknap. “Hoewel die uitleg van die kombuis gewerk het, was die afwerkings verouderd,” sê Sharon.

Behalwe om die yskas en vrieskas na die opwaskamer te skuif vir meer pakplek in die kombuis, is net die kaste en oppervlakk­e verander om dié vertrek ’n vars voorkoms te gee. Die gesin het die hulp van Rikus Visser en Dawid Griesel van Signature Group ingeroep om die nuwe kombuiskas­te te bou.

Die geometries­e sementteël­s van Moroccan Warehouse teen die mure was die vertrekpun­t vir die nuwe afwerkings in die res van die kombuis. Sharon het wit werkopperv­lakke van saamgestel­de kwarts gekies om die oorspronkl­ike swart granietopp­ervlakke te vervang, en ’n sagte skakering grys in ’n mat afwerking vir die kombuiskas­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa