Als nou Frans in dié kom­buis

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Na­ta­lie Bor­u­vka • Fo­to’s El­za Roux

Dié Frans ge­ïn­spi­reer­de kom­buis be­wys dat geen de­k­or­ge­reed­skap ’n ver­trek kan

om­to­wer soos jou verf­kwas nie.

Om haar ste­wi­ge kom­buis te ver­vang net om­dat dit vaal en ver­ou­derd was, het vir A­let Genis na ’n on­no­di­ge, duur en on­ge­rief­li­ke oe­fe­ning ge­klink. “My kom­buis se uit­leg het so goed ge­werk en die kas­te van so­lie­de hout was nog in so ’n goeie toe­stand,” ver­dui­de­lik sy. “Al wat die ruim­te reg­tig ge­kort het, was ’n ver­jon­gings­kuur.”

Sy het al­ler­lei op­sies vir die ver­nu­wing van haar kom­buis oor­weeg, maar dit was eers ty­dens ’n An­nie Sloan-verf­teg­niek­kur­sus dat die in­spi­ra­sie haar beet­ge­pak het. “Ek het be­sef ek kan my kom­buis ’n splin­ter­nu­we styl gee deur net die kas­te te verf,” ver­tel sy.

Min het A­let ge­weet dat sy die vi­sie vir haar nu­we kom­buis, en die per­soon wat haar sou help om dit te ver­we­sen­lik, in die Maart 2014-uit­ga­we van Tuis sou vind.

“Daar was ’n huis wat ’n al­ge­he­le ge­daan­te­wis­se­ling on­der­gaan het aan die hand van die verf­teg­niek­spe­si­a­lis S­han­dor Da­o­lio,” ont­hou A­let. “Ek het da­de­lik ge­weet ek wou die­self­de aard­se, dog e­le­gan­te ge­voel in my eie kom­buis hê.”

Die pro­ses

Die t­wee het ont­moet en die moont­lik­he­de be­spreek voor S­han­dor vir A­let na ’n op­knap­ter­rein ge­neem het waar sy kon sien hoe die on­der­skeie be­han­de­lings sou lyk. Hul­le het toe op ’n kom­bi­na­sie van d­rie teg­nie­ke oor­een­ge­kom. Teg­niek 1 S­han­dor het be­gin deur die kom­buis­mu­re met ’n kleur­vryf­teg­niek te be­han­del. Eers het sy ’n dun gla­suur­laag (’n meng­sel van o­lie­verf en ne­wel­gla­suur) hier en daar met ’n kwas oor ’n lig­ter ba­sis­laag a­kriel-pva aan­ge­wend. Toe het sy An­nie Sloan G­re­ci­an Whi­te (dit het ’n sy­ag­ti­ge af­wer­king) met ’n kwas op die muur ge­verf, ’n sag­te lap ge­neem en die verf met on­re­ël­ma­ti­ge be­we­gings in­ge­vryf. Vryf in sir­kels, of op en af vir lyne. “Werk vin­nig so­dat die gla­suur­laag nie droog word voor dit be­hoor­lik in­ge­vryf is nie,” sê sy. Teg­niek 2 Een muur is met ’n mar­mer-ef­fek af­ge­rond so­dat dit teen die an­der mu­re kan uit­staan en nog ’n di­men­sie aan die kom­buis gee. Hier­voor het S­han­dor min­stens d­rie ska­ke­rings o­lie­verf en ne­wel­gla­suur taam­lik dik oor die lig­ter Pva-ba­sis­laag aan­ge­wend; toe het sy koe­rant­pa­pier op­ge­from­mel, dit oop­ge­vou en ge­bruik om oor­tol­li­ge verf te ab­sor­beer. Laas­tens het sy die har­de lyne van die kreu­kel-af­druk­ke met ’n kwas ver­sag en die mar­mer­ly­ne en -kra­ke met ’n dun kwas ge­trek. Teg­niek 3 Die kas­deu­re is met ’n ver­weer-teg­niek be­han­del. Vir dié natuurlike, in­ge­leef­de voor­koms is ’n e­mal­je­verf oor ’n on­der­laag aan­ge-“vee” so­dat die on­der­laag so­wel as die hout plek-plek deur­kom. Daar­na is ’n an­tiek-ef­fek met ’n skra­per en ’n don­ker­der gla­suur op die lys­te en pa­neel­ran­de aan­ge­bring om die al­ge­he­le “ver­ou­der­de” ge­voel te be­klem­toon.

Die huis­ei­e­naar A­let Genis is dol oor haar nu­we kom­buis, wat dank­sy ’n paar kwas­ha­le ’n heel nu­we voor­koms het. KON­TAK S­han­dor Da­o­lio 082 892 8926 Die verf­teg­niek

spe­si­a­lis S­han­dor Da­o­lio

S­han­dor het ’n paar de­ko­ra­tie­we e­le­men­te in­ge­bring om die ruim­te u­niek te maak. Op ’n rak is daar ’n stem­pel van die Eif­fel­to­ring ( on­der) en el­ders hand­ge­skre­we aan­ha­lings in Frans ( links on­der ).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.