Kuns teen die muur

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Marilize Spies • Fo­to’s Jan Ras

Kry jou kwas­ha­le on­der die knie en hou jou lyf kuns­te­naar deur ’n muur met ’n tref­fen­de ont­werp te ver­sier.

1 Skets eers jou ont­werp op ’n stuk pa­pier. Be­sluit hoe groot dit uit­ein­de­lik moet wees, as­ook wat­ter k­leu­re jy wil ge­bruik. As jy ge­noeg ver­troue in jou kuns­vaar­dig­heid het, kan jy die ont­werp reg­streeks met pot­lood op die muur af­te­ken; vee een­vou­dig uit as jy ’n fout maak.

2 Wan­neer jy te­vre­de is met jou skets, kan jy die k­leu­re by­sit. Be­gin met die lig­ter k­leu­re en voeg die don­ker k­leu­re la­ter by.

62

Be­rei die mu­re voor Ge­bruik skra­pers, skuur­pa­pier of ’n che­mie­se verf­stro­per om ou verf te ver­wy­der. Dis dalk no­dig om baie ou verf heel­te­mal te stroop en die op­per­vlak soos ’n nu­we een te be­han­del. Maak se­ker dat die mu­re skoon en droog is voor jy be­gin.

As jy nie juis ’n Da Vin­ci is nie, ge­bruik ’n oor­hoof­se pro­jek­tor om die ont­werp teen die muur te gooi. Brand eers die beeld wat jy wil

af­trek op ’n trans­pa­rant en pro­jek­teer dit teen die muur – dan kan jy een­vou­dig die bui­te­ly­ne af­trek voor jy be­gin verf. As jy toe­gang tot ’n vloei­kris­tal­pro­jek­tor

het, span hom in vir die doel.

In­ko­pie­lys • Pva-verf Ge­reed­skap • ’n leer • drup­vel­le • kraak­vul­ler • mas­keer­band • ’n spa­tel • ’n draad­bor­sel • kwas­te en rol­lers • ’n ver­leng­paal

WENK Ken jou k­leu­re uit­me­kaar: Plak ’n stuk­kie mas­keer­band on­der die toets­blok­kie wan­neer jy die verf op die muur toets en skryf die verf se naam daar­op neer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.