Veer­tien k­lein pro­jek­te vir ’n re­ën­dag

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Simone Bor­cher­ding, Jo­hané Neil­son, Ger­ma­rie Bru­wer, Mar­gaux Tait, Marilize Spies en Mi­si O­ver­turf Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster, Justin Pa­trick en ver­skaf

Twin­tig mi­nu­te, t­wee uur of d­rie dae – ons wys jou hoe om won­der­wer­ke te ver­rig met k­lein verf­pro­jek­te wat wis­sel van gou

gou klaar tot meer uit­da­gend.

Kuns met bot­tels

Hier­die prag­ti­ge ge­doop­te glas­bot­tels is ver­spot mak­lik om te maak! Was net eers jou bot­tels deeg­lik en laat dit heel­te­mal droog word. Verf dit dan met wa­ter­verf. Jy kan dit op t­wee ma­nie­re doen: 1 Doop dit som­mer in die em­mer verf, laat die oor­tol­li­ge verf af­drup en laat dit on­der­ste­bo droog word so­dat die verf drup­mer­ke op die bot­tel los. 2 Verf die bot­tels (be­hal­we die ba­sis) vry­hand en laat dit reg­op staan en droog word. Tik nog verf aan waar no­dig en vul dan die bot­tels met jou guns­te­ling­blom­me vir ’n ou­li­ke ta­fel­ver­sie­ring.

Raam dit!

1 Plak mas­keer­band ho­ri­son­taal oor ou pren­te, net on­der die mid­del­lyn. Druk dit goed vas so­dat daar nie bor­rels of ga­pings is waar die verf kan in­sy­pel nie. 2 Verf die voor- en sy­kan­te van die raam en glas met ge­wo­ne wa­ter­verf. 3 Laat lê die raam bo-op ’n fles of blik wat reg­op staan en laat dit heel­te­mal droog word voor jy ’n twee­de en der­de laag aan­wend. 4 Trek die mas­keer­band sta­dig af so­dra al die lae vol­tooi is. 5 Knap e­ni­ge de­le op waar die verf af­ge­dop het of o­ne­we­re­dig is. Laat dit droog word en hang dit op.

Spel dit uit

Oor­groot Scrabble-letters maak ’n in­gangs­por­taal meer ver­wel­ko­mend. Ons het 3 mm-laag­hout in 25 x 25 cm-blok­ke laat saag, dit met ’n laag wit wa­ter­verf be­dek en toe die letters met swart wa­ter­verf ge­verf. Die letters is 15 cm hoog en breed, die lyne is 1 cm dik en die let­ter­waar­de in die hoek is 3 cm hoog.

Blink­nu­we baad­jie

Tra­di­si­o­ne­le ge­weef­de mand­jies kry ’n mo­der­ne voor­koms met sil­wer spuit­verf van Du­lux Du­cos­pray. Ons het dit vry­hand ge­doen, maar jy kan ook mas­keer­band ge­bruik om die hand­vat­sels te be­dek of ’n streep in die mid­del van die mand­jie te maak as jy net een helf­te wil verf. >>

5 Son­der naald en ga­re

Kruis­steek is nie net vir men­se wat fyn naald­werk doen nie; dit maak ook die al­ler­mooi­ste muur­kuns, soos die in­te­ri­eur­ont­wer­per E­li­ne Pel­ling­hof se werk op bloe­sem.blogs.com be­wys. Maak so: Trek die lyne vol­gens jou ont­werp met pot­lood op die muur, maak ’n kruis­steek­pa­troon en trek jou krui­sies met ’n verf­kwas. Sie­daar – ’n prent­jie pleks van ’n kop­stuk!

6 Verf en plak­pa­pier

Hier­die stuk­ken­de hor­lo­sie se me­ga­nie­se on­der­de­le is ver­wy­der en ver­vang met pas­ge­maak­te glas­rak­ke, en nou het dit nu­we le­we as bad­ka­mer­kas­sie. Wit spuit­verf maak dit die per­fek­te fo­kus­punt teen ’n ef­fe­kleu­ri­ge of pa­troon­muur.

Hier werk sag­te, ge­blom­de plak­pa­pier (Blue Da­mask van Wal­l­co­ve­rings Inc.) bo die da­doplank won­der­lik saam met ge­ëm­bos­seer­de plak­pa­pier (ook van Wal­l­co­ve­rings Inc.) ge­verf met Du­lux Pe­ar­l­glo Wa­ter­ba­sed in die kleur Ve­ne­ti­an Cry­stal 3.

7 P­ret met swart­bord­verf!

Skep die per­fek­te plek vir leer en speel: Verf ’n den­ne­hout­ta­fel se blad met swart­bord­verf vir pret­ti­ge huis­werk-ses­sies en ure se spe­le­tjies en ver­maak.

Swart­bord­verf is in ’n ver­skei­den­heid k­leu­re be­skik­baar – pro­beer ’n hel­der­blou of fun­ky groen! Be­han­del die hout met ’n veel­doe­li­ge on­der­laag voor jy min­stens d­rie lae verf aan­wend; so kry jy die beste re­sul­ta­te.

Sten­sil jou vloer­lys

Hier­die kalm, wit kom­buis het som­mer hou­ding ge­kry na­dat die ei­e­naars ’n pret­ti­ge sten­sil-ont­werp teen die vloer­lys aan­ge­bring het. Hul­le het oor­skie­tDu­lux Roof­guard in die kleur G­re­ci­an Grey ge­bruik – kyk net hoe lyk dit nou!

Die sten­sil is tuis­ge­maak, maar jy kan by PNA of Buil­ders kyk vir klaar­ge­maak­te op­sies. PNA hou ook die aan­spuit-kleef­mid­del in hul kuns­vlytaf­de­ling aan.

Swaai jou to­wer­kwas

Kan jy nie meer die aak­li­ge te­ëls in jou bad­ka­mer ver­duur nie (hul­le moes hoe­ka nie eens die se­wen­ti­ger­ja­re oor­leef het nie), maar daar’s nie nou geld vir nu­wes nie? Gee dit een­vou­dig ’n splin­ter­nu­we voor­koms met verf.

10 Beste voet­jie voor

Verf ’n ou em­bui­a­ta­fel met t­wee lae An­nie Sloan C­halk Paint in die kleur Old Whi­te. Laat dit droog word. Be­sluit op die hoog­te tot waar jy die po­te wil “doop” en plak mas­keer­band op die­self­de hoog­te om al die po­te. Dit sal keer dat die verf vloei. Verf nou met t­wee lae ho­ë­glans-e­mal­je in die kleur van jou keu­se. Ons het Du­lux Fuch­sia Falls 1 ge­bruik. Maak se­ker die eer­ste laag is droog voor jy daar­oor verf. Wag tot die e­mal­je­verf droog is en se­ël dan die he­le ta­fel met An­nie Sloan Cle­ar Wax.

11 Blink i­dee

Soek jy pri­vaat­heid, maar vind gor­dy­ne net te swaar? Een op­los­sing is om jou rui­te met mat spuit­verf te be­dek (pro­beer die Kry­lon- of Rust-o­le­um-reeks). So kry jy die prag­tig­ste lig-ef­fek­te wan­neer die sag­te son sog­gens en saans daar­deur skyn. Boon­op kan jy na har­te­lus speel met al­ler­han­de ont­wer­pe.

12 Verf jou voor­deur

’n Wa­ter­ba­sis-e­mal­je­verf soos Du­lux Pe­ar­l­glo is ’n goeie op­sie vir bin­ne- en bui­te­deu­re; of as jy ’n glans-af­wer­king ver­lang, kies ’n o­lie­ba­sis­verf. Eier­dop-e­mal­je­verf is nie ge­skik vir bui­te­ge­bruik nie. Skuur met 240-grint-skuur­pa­pier voor jy die fi­na­le laag aan­wend; dit ver­se­ker ’n glad­de af­wer­king. Oor­weeg ’n an­der kleur vir die raam om ’n tref­fen­de kon­tras te skep. >>

Per­fek ge­poei­er

Gee draad-tuin­meu­bels ’n nu­we baad­jie met ’n op­los­sing wat werk – ’n laag poei­er­verf (“po­w­der-co­a­ting”). Hoe­wel jou kleur­keu­se re­de­lik be­perk is (al die pri­mê­re k­leu­re is wel be­skik­baar), is dit ’n kos­te­doel­tref­fen­de oe­fe­ning om­dat jy be­taal vol­gens die ge­wig van die voor­werp wat ge­verf word. Soek aan­lyn vir ’n ver­skaf­fer na­by jou.

Vir ’n tik­kie per­soon­li­ke flair kan jy ’n stuk ny­lon­tou (die soort wat jy in ’n rand­sny­er ge­bruik) om die ran­de draai, of weef ’n pa­troon op die stoel se rug­leu­ning daar­mee. Sul­ke ny­lon­tou is te kry in ver­skeie ne­on­kleu­re wat jou kleur­ske­ma kan kom­ple­men­teer. An­ders kan jy hel­der­kleu­ri­ge lint ge­bruik.

Wenk

As jy daar­voor kans sien, kan jy die draad­stoel self verf met ’n me­taal­verf soos Ham­me­ri­te, wat selfs roes­kol­le kan be­dek. Dit is in ’n ver­skei­den­heid k­leu­re be­skik­baar; as jy swart ver­kies, kan jy Ham­me­ri­te Smooth Black of Ham­me­red Black pro­beer.

Klas­siek in swart en wit

Die ont­wer­per Ca­rol van Wyk moes met ’n baie k­lein be­gro­ting klaar­kom toe sy ’n at­mos­feer so reg uit die ja­re vyf­tig in dié Kaap­se bad­ka­mer wou skep. “Ek het be­sluit om die skuins stre­pe wat die swart en wit te­ëls op die vloer vorm, met reg­uit stre­pe teen die mu­re te eg­go. Dis ’n mak­li­ke ma­nier om ’n gra­fie­se im­pak te maak!” sê sy.

Wenk

Jy kan ’n la­ser­straal­toe­stel ge­bruik om per­fek­te lyne te merk. Plak breë mas­keer­band op die muur vir ne­tjie­se lyne tus­sen k­leu­re.

PRO­BEER DIT SELF en s­tuur vir ons ’n fo­to na kom­pe­ti­sie@tuis.co.za met die woord DU­LUX in die on­der­werp­lyn. Jy

kan kon­tant wen! Lees meer op bl. 4.

Wenk

Maak se­ker jou em­mers is nie te vol wan­neer jy die bot­tels doop nie, an­ders sal die verf mors. Lo­ve Bi­rds-strooi­kus­sing, Wey­landts; Or­la So­los­trooi­kus­sing in S­tra­w­ber­ry (40 x 60 cm), Skin­ny laminx

Wenk

Meet en skryf die letters eers

in pot­lood en verf dit dan met ’n dun verf­kwas en ’n

vas­te hand.

The Skin­ny To­te-sak (ont­werp Bo­w­les), Skin­ny laminx; swart-en­wit streep­mat, Wey­landts

Wenk

Ge­bruik ge­mid­deld een blik spuit­verf per mand­jie om dit ten vol­le te be­dek.

Niks ver­leen glans soos ‘n bie­tjie me­taal­verf nie. Dis be­skik­baar in spuit­verf en ge­wo­ne verf wat jy met ’n kwas

kan aan­wend .

Wen­ke

• Be­dek jou verf­bak met ’n plas­tiek­sak voor jy be­gin verf – so hoef jy ag­ter­na niks te skrop nie. Ver­wy­der een­vou­dig die sak en gooi dit weg. • Knap e­ni­ge fou­te in die ont­werp op en wend t­wee lae se­ë­laar aan om jou har­de werk te be­skerm. >>

So maak jy …

• Wend Du­lux Su­per­grip All Sur­fa­ce Pri­mer oor die oor­spronk­li­ke te­ëls aan. • Gee dit t­wee uur kans om droog te word en skuur dan lig­gies so­dat jy ’n glad­de op­per­vlak het om te verf. • Rond af met t­wee lae Du­lux Pe­ar­l­glo in die kleur van jou keu­se.

VER­SKAF­FERS An­nie Sloan an­nie­slo­an­sa.co.za Ca­ro­li­na van Wyk In­te­ri­ors 021 424 0033, mo­re­ho­me­lo­ve.co.za PNA 011 672 4391, pna.co.za Skin­ny laminx 021 424 6290, skin­ny­la­minx.com Wal­l­co­ve­rings Inc. 021 465 6547, wal­l­co­ve­rings.co.za Wey­landts 0860 103 400, wey­landts.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.