Ken­ners gee raad aan le­sers

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Saam­ge­stel deur Be­a­tri­ce Moo­re-n­öthna­gel

Wil jy me­la­mien- of an­tie­ke meu­bels met verf op­kik­ker? ’n Pla­fon wit maak? Kort jy raad oor kleur? Ons het ’n paar ant­woor­de uit­ge­snuf­fel ...

Blink plan­ne

My slaap­ka­mer­kas het vier me­la­mien­deu­re waar­van een ’n gat in het. Dit gaan te duur wees om al vier te ver­vang, maar ek wil nie hê die een moet an­ders lyk as die an­der nie. Ek het dit oor­weeg om al­mal wit te verf, maar dit klink na ’n reu­se­taak – om nie eens van die reuk te praat nie! Het jul­le e­ni­ge raad?

Ja­ni Gous­sard van Paint & Dé­cor DIY ant­woord Self­doe­ners wê­reld­wyd is baie op­ge­won­de oor die An­nie Sloan-verfreeks. Jy kan dit di­rek op jou me­la­mien­kas­te aan­wend én dit het nie ’n sterk reuk nie – trou­ens, dis eint­lik baie e­ko­vrien­de­lik en be­vat min vlug­ti­ge or­ga­nie­se ver­bin­dings, wat dit per­fek maak vir slaap­ka­mers. Jy kan dus net die een deur ver­vang of die gat op­vul, af­skuur en dan al die deu­re verf.

Was eers al die deu­re met sui­ker­seep en skuur dit lig­gies met 180-grint-skuur­pa­pier (dis nie ’n ver­eis­te nie, maar sal help dat die verf selfs be­ter aan die me­la­mien kleef). Wag tot die verf droog is (so­wat 20 mi­nu­te) en se­ël dit met An­nie Sloan Cle­ar Wax of met ’n wa­ter­ba­sis-se­ë­laar wat nie sal ver­geel nie, soos Har­le­quin De­co­ra­tors Var­nish.

Vir pret­ti­ge al­ter­na­tie­we kan jy ra­me ge­bruik om die gat te ver­bloem en dit met pro­fie­le van Paint & Dé­cor DIY ver­sier. Jy kan e­nig­iets in die raam sit – van neu­tra­le stre­pe of ’n mooi pa­troon tot ma­te­ri­aal wat op kar­ton ge­plak en ge­mon­teer is. An­ders kan jy har­de­bord met swart­bord­verf verf, dit raam en op die kas­deu­re vas­sit vir no­tas of in­spi­re­ren­de bood­skap­pe; ge­bruik al­kant­kleef­band om die ra­me aan die deu­re vas te sit. Ge­niet die pro­jek!

Nuut maar an­tiek

Ek wil graag my ter­ra­cot­ta-plant­pot­te ’n an­tie­ke wit voor­koms gee. Hoe maak ek?

Lisa S­paar­wa­ter van Lemon & Li­lac Paint Techni­ques ant­woord Stel een van dié t­wee teg­nie­ke op die proef: 1 Ge­bruik jo­gurt om die pot­te te “ver­ou­der” Verf ge­wo­ne jo­gurt oor die he­le pot en laat staan dit vir so­wat ’n maand in ’n ska­du­kol. As jy ’n sub­tie­ler ef­fek ver­kies, week die pot eers so­wat 15 mi­nu­te lank in wa­ter voor jy die jo­gurt aan­verf. 2 Ge­bruik die an­tie­ke pleis­ter­kalk­me­to­de om die pot ou­er te laat lyk en teks­tuur te ver­skaf:

• Meng 1 li­ter wa­ter­ba­sis­verf met 50 ml kraak­vul­ler.

• Wend dan ’n dun laag van die meng­sel oor die ter­ra­cot­ta­pot aan met ’n skra­per; werk in ver­skil­len­de rig­tings tot­dat die he­le pot be­dek is. Laat dit droog word.

• In­dien jy ’n sub­tie­ler voor­koms ver­lang, laat die pot ef­fens droog word en werk die teks­tuur ’n bie­tjie glad­der af. Jy kan nou ook ont­wer­pe op die op­per­vlak gra­veer.

• Laat dit dan heel­te­mal droog word.

• Gee die pot ’n nog meer an­tie­ke voor­koms deur wa­ter­ba­sis­verf van jou keu­se in ’n don­ker­der kleur, ge­meng met ne­wel­gla­suur (volg die meng-aan­wy­sings op die blik), met ’n vleis­doek aan die pot te vryf; of ge­bruik kuns­te­naar­s­o­lie in die kleur Raw Um­ber, ge­meng met ’n paar drup­pels ter­pen­tyn, en wend dit met ’n droë vleis­doek aan die pot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.