Vaal kan­toor nou ’n le­wen­di­ge kin­der­ka­mer

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Fo­to’s Deur Simone Bor­cher­ding Mor­ne Marais van Bree­de Pho­to­grap­hy

’n Af­ge­skeep­te tuis­kan­toor is om­skep in ’n be­to­we­ren­de

kin­der­ka­mer – als dank­sy slim

be­plan­ning.

Die op­drag

Die huis­ei­e­naars, Van Zyl en I­sa­bel de Wet, wou die ver­ou­der­de tuis­kan­toor op hul plaas net bui­te Ro­bert­son as ’n slaap­ka­mer in­rig vir hul twee­ja­ri­ge seun, Ja­co. “Om­dat die ge­sin aan die uit­brei was en die moont­lik­heid be­staan het dat Ja­co ’n boe­tie of sus­sie sou by­kry, wou ek ’n ruim­te skep wat vir ’n seun óf ’n dog­ter ge­skik is,” sê die ont­wer­per, Gera de Wet ( regs), wat die ge­sin met die pro­jek ge­help het.

Die be­gro­ting

Die be­gro­ting was knap; net so­wat R22 000. Gera moes dus mooi werk. “So ’n k­lein be­gro­ting in­spi­reer jou om meer kre­a­tief te dink, en die eind­re­sul­taat is nog meer lo­nend,” sê sy. Haar ge­heim? Sy werk met be­staan­de stuk­ke en gee hul­le ’n nu­we baad­jie. “Jy moet slim werk met jou ge­daan­te­wis­se­ling,” ver­tel sy.

Die pro­ses

“Dis ’n k­lein ver­trek; ek moes eers ver­sig­tig be­plan en mooi meet,” sê Gera, wat van ’n paar van die ou in­ge­bou­de spaan­der­bord­kas­te ont­slae ge­raak het om die ruim­te be­ter te be­nut. Net die groot een­heid in die hoek is be­hou vir k­lein Ja­co se kle­re.

Gera het die oor­bly­wen­de kas­deu­re ge­verf in ver­skil­len­de k­leu­re – ver­sig­tig uit­ge­soek om die muur­kleu­re te be­klem­toon – en die plak­pa­pier van die fo­kus­muur op een van die deur­pa­ne­le her­haal.

Sy het ook die mat uit­ge­haal. Die hout­vloer daar­on­der was in ’n swak toe­stand, maar is op­ge­kik­ker met ’n laag duur­sa­me wit dak­verf.

Die ha­ke waar­aan Ja­co se hand­doe­ke en jas­se hang, is op ver­skil­len­de hoog­tes ge­plaas om by te hou met sy groei­en­de lig­gaam.

“Ein­de­lik sal Ja­co die hoog­ste haak en boek­rak kan ge­bruik,” ver­dui­de­lik Gera.

Vir ek­stra tref­krag het Gera van die

e­le­men­te in die ver­trek, soos die k­lein hout­bok­se en boek­rak­ke, self ont­werp en by Wood­pec­kers op maat laat maak. Al­les is ver­sig­tig ge­po­si­si­o­neer vol­gens waar

dit die beste sou werk.

Van Zyl en I­sa­bel de Wet met k­lein Ja­co Om die sig­sag-pa­troon ag­ter die bed te skep, het Gera die he­le muur eers hout­skool­grys ge­verf. Sy het toe mas­keer­band ge­bruik om die “berg­pie­ke” te vorm en toe die res van die “berg” groen ge­verf. ’n Den­ne­hout­laai­kas is ge­verf en as bed­kas­sie in­ge­span.

OOR­KANT Gera het ook ’n vol­groot­te­les­se­naar ge­kies by @ho­me, kom­pleet met plek vir ’n re­ke­naar en in­ter­net­ka­bels, waar Ja­co een­dag sy huis­werk kan doen.

ON­DER Om­dat Ja­co dol is op boe­ke, het Gera ’n lees­hoe­kie vir hom ge­skep. “Ek het die boek­rak­ke so ont­werp dat Ja­co el­ke boek se om­slag kan sien; op sy ou­der­dom be­te­ken die woor­de op die boek se rug niks vir hom nie,” noem sy.

LINKS Die kus­sing op die kis is van oor­skiet­ma­te­ri­aal ge­maak.

Bed­lig van Wool­wort­hs BO Gera het ook

die Ro­mein­se blin­ding ont­werp en by Ro­bert­son Gor­dy­ne laat

maak.

LINKS ON­DER Die groot­ste selfdoen-uit­da­ging was die mar­kies-let­ter­lig­te. “Ek het die letters en ga­te vir die gloei­lam­pe uit ste­wi­ge har­de­bord ge­sny. Die ra­me om die letters is uit staal ge­maak en die letters is met hit­te­be­stan­de spuit­verf af­ge­rond. Daar­na is die ka­bels by­ge­voeg en die ver­leng­koor­de aan­ge­heg,” sê Gera. Die “J” staan vir Ja­co en die am­per­sand bo die ek­stra bed is vir maats.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.