Plak ’n pa­troon: hang­kas met di­a­man­te ver­sier

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Mar­gaux Tait en Ger­ma­rie Bru­wer • Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster en Mar­gaux Tait

Gee jou kin­der­ka­mer ’n nu­we di­men­sie deur ’n speel­se

har­le­kyn­pa­troon op ge­wo­ne me­la­mien­kas­te te verf.

1 Haal die deur­knop­pe af. Ver­deel die kas se b­reed­te en hoog­te in ge­ly­ke de­le en maak met ’n pot­lood mer­ke aan die bo- en on­der­kant en sy­kan­te van die kas ( sien pyl­tjies oor­kant). Maak se­ker die mer­ke bo en on­der (én links en regs) is reg­oor me­kaar.

2 Ver­bind nou die mer­ke met mas­keer­band di­a­go­naal oor die kas so­dat dit ’n di­a­mant­vor­mi­ge roos­ter uit­maak.

3 Verf ’n on­der­laag oor die he­le kas met jou spons­rol­ler. In­dien jy be­plan om van die di­a­man­te on­ge­verf te laat, soos ons ge­maak het, hou in ge­dag­te dat die on­der­laag met ’n hel­der glans sal droog word en van die me­la­mie­n­op­per­vlak sal ver­skil. As dit jou be­kom­merd maak, los eer­der die de­le wat jy nie wil verf nie son­der on­der­laag. Laat die on­der­laag oor­nag droog word voor jy die fi­na­le lae aan­verf.

4 Verf die di­a­man­te met ’n spons­rol­ler in die k­leu­re van jou keu­se; t­wee lae be­hoort ge­noeg te wees. Trek die mas­keer­band af en sit die deur­knop­pe te­rug.

ON­DER Die pyl­tjies wys hoe die mer­ke in Stap 1 reg­oor me­kaar ge­maak moet word voor jy dit met die mas­keer­band ver­bind. Vir ’n e­we­re­di­ge di­a­mant­pa­troon moet die mer­ke al­tyd ewe ver uit me­kaar wees – hier was dit vyf ba­ne van 18 cm elk. Pas jou ma­te aan vol­gens die groot­te van jou kas.

Wenk Eks­pe­ri­men­teer ge­rus met k­leu­re deur wis­se­len­de hoe­veel­he­de wit verf by af­son­der­li­ke hou­ers met die­self­de ba­sis­kleur te voeg. Maak net se­ker jy meng ge­noeg verf

van el­ke kleur vir die he­le pro­jek!

In­ko­pie­lys • 12 mm breë mas­keer­band • Du­lux Su­per­grip All Sur­fa­ce Pri­mer • Du­lux PVA Ge­reed­skap • maat­band • spons­rol­ler • verf­bak

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.