’n Saai sit­ka­mer word ’n kon­tem­po­rê­re kui­er­plek

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur S­hel­ly Bergh • Fo­to’s Henk Hat­tingh

’n Tref­fen­de vis­graat­pa­troon en ko­per blaar­sten­sil het dié vaal sit­ka­mer in ’n kon­tem­po­rê­re

mees­ter­stuk om­skep.

Kyk op bl. 58 vir aan­wy­sings om dié vis­graat-pa­troon self

te verf.

Die kos­te

Andrew Ma­ritz, Tuis se ont­wer­pre­dak­teur, en sy vrou, De­bra, het be­sluit om die sit­ka­mer in hul huis in Litt­le Mo­w­bray, Kaap­stad, op te kik­ker – en eer­ste aan die beurt was ’n vars kleur­ske­ma. Hul­le wou ook de­tail in­bring met ’n tref­fen­de nu­we fo­kus­muur en de­tail op die vloer. Om­dat tyd ’n fak­tor was, het die Tuis- me­de­wer­ker S­hel­ly Bergh hand by­ge­sit. Die kos­te van die ma­te­ri­aal was rof­weg R2 000.

Die pro­jek

Eers is die mu­re en pla­fon – voor­heen ’n on­op­val­len­de bei­ge – ge­verf met Du­lux Luxu­ri­ous Silk in die kleur Whi­te. Die vloer, wat ie­wers in die ver­le­de ge­verf is, is ge­skuur en ge­verf met Du­lux Eggs­hel­le­mal­je­verf in die kleur Steel Symp­ho­ny 5.

“Ons het on­langs die bin­ne- en bui­te­kant van ons huis ge­verf,” sê Andrew. “Nou was dit tyd dat die sit­ka­mer aan­dag kry – dis in die mid­del van die huis en ons wou ’n an­der luim daar skep en dit met be­hulp van kleur van die res van die huis on­der­skei. Ons het op ’n grys vloer be­sluit om al­les te an­ker.”

S­hel­ly het hand by­ge­sit met die de­tail op die vloer. Sy het eers ’n sten­sil ont­werp om ’n een­vou­di­ge dog tref­fen­de pa­troon te skep en dié toe met blad­ko­per aan­ge­bring. Die vloer­lys en ko­sy­ne is ook ge­skuur, met Du­lux Su­per­grip be­han­del en toe ge­verf met Du­lux Pe­arglo Wa­ter­ba­sed-e­mal­je­verf in die kleur Whi­te.

Maar die ster van die oor­maak­ses­sie is die fo­kus­muur met sy vis­graat­pa­troon. S­hel­ly het die pa­troon met mas­keer­band op die muur ag­ter die rus­bank uit­ge­merk en dit met Du­lux Luxu­ri­ous Silk Ni­a­ga­ra Blu­es 1 ge­verf (sien ons stap-vir-stap-aan­wy­sings op blad­sy 58).

Andrew en De­bra is dol oor die re­sul­taat. “Die skoon lyne van die vis­graat­pa­troon maak die ver­trek so­veel in­te­res­san­ter,” sê De­bra. En Andrew stem saam: “Dit maak ’n sterk stel­ling en vang da­de­lik die oog.”

Die kag­gel is in t­wee k­leu­re ge­verf – Du­lux Gloss E­na­mel in Whi­te en Ni­a­ga­ra Blu­es 1 – en met blad­ko­per­de­tail af­ge­rond. Blad­ko­per-de­tail

Verf ver­gul­ders­gom (“gil­ding si­ze”) op die de­le wat jy met blad­ko­per wil be­dek; wag so 15 mi­nu­te dat dit taai word. Plaas die blad­ko­per oor die a­rea en bor­sel lig­gies met ’n skoon sag­te­haar-kwas daar­oor. Vee die res van die blad­ko­per met die kwas af.

VO­RI­GE BLAD Me­di­sy­ne­bot­tel-glas­vaas, bê­re­boks met vier laaie, ko­per­vaas, pienk de­ken en ko­per­mand­jie van @ho­me; wit hou­er, ko­per­pot, Pi­cas­so-stoel­tjie, Bel­fast-vloer­lamp en er­de­bord­jie van Wey­landts; Sai­lor-storm­lamp, ge­doop­te vaas, sje­vron-kus­sing, o­ran­je kus­sing met krui­se, Ma­rok­kaan­se ku­bus en ab­strak­te goud­kleu­ri­ge de­ko-bal van Mr Pri­ce Ho­me; t­wee­kleu­ri­ge kers, A­lexa-vaas en es­pres­so-kop­pies van Wool­wort­hs; me­di­sy­ne­boks en knoop-stoel­tjie van A­bo­de; Vi­da-rus­bank met veel­kleu­ri­ge kno­pe en grys­bruin Georg-stoel van So­fa Com­pa­ny

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.