Gee ruim­tes le­we met kon­tras­te­ren­de k­leu­re

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Fo­to Francois O­ber­hol­ster Sti­le­ring Mi­si O­ver­turf

1 Ge­bruik koue en warm k­leu­re saam. Deur dié k­leu­re te kom­bi­neer, kan jy diep­te in jou de­kor skep: Koe­ler k­leu­re soos blou sal in die ag­ter­grond ver­dwyn, wat war­mer k­leu­re soos rooi sal laat uit­spring. As jy dus ’n ruim­te ver­kies wat in die al­ge­meen koe­ler is, kies koel k­leu­re vir jou skil­der­doek waar­teen ar­ti­kels in war­mer k­leu­re sal uit­staan; doen die teen­oor­ge­stel­de vir ’n war­mer ge­voel. 2 Hoe ver­der k­leu­re van me­kaar af op die kleur­wiel ver­skyn, hoe gro­ter die kon­tras – en hoe meer di­na­mies sal jou ver­trek wees. ’n Goeie voor­beeld is die geel-rooi-blou-ske­ma van k­leu­re ewe ver van me­kaar op die kleur­wiel. 3 Moe­nie sterk, hel­der k­leu­re in ge­ly­ke ma­te in ’n ver­trek in­bring nie; so ’n ruim­te kan oor­wel­di­gend voel met al die k­leu­re wat om die kol­lig mee­ding. Ge­bruik ’n een­vou­di­ge 60/30/10re­ël om sterk k­leu­re te ba­lan­seer: Kies een ska­ke­ring vir 60% as do­mi­nan­te kleur (by­voor­beeld die blou muur oor­kant), voeg tref­krag by met ’n se­kon­dê­re kleur vir 30% (rooi buf­fet en mat) en ge­bruik 10% geel (boe­ke en kuns­werk) as ak­sent­kleur. 4 Voeg neu­tra­li­se­ren­de k­leu­re by vir ba­lans in ’n hel­der­kleu­ri­ge ruim­te – dit sluit e­ni­ge neu­tra­le, swart of wit voor­wer­pe in. Hier is die neu­tra­le vloer die ver­naam­ste ba­lan­se­ren­de fak­tor. Die wit stoel en swart raam om die kuns­werk ver­sterk die an­der k­leu­re in die ver­trek.

Kies ’n hel­der kleur­ske­ma as jy e­ner­gie in ’n ver­trek wil in­bring en ’n di­na­mie­se ge­voel wil skep. Volg dié rig­ly­ne van Du­lux se kleur­ken­ner, So­ni­ca Bucksteg ( links).

Wen­ke vir kon­tras­te­ren­de k­leu­re in jou de­kor

Dis heer­lik om met kon­tras­te­ren­de k­leu­re te speel en ’n le­wen­di­ge

ruim­te te skep.

So ge­bruik jy die kleur­wiel

Kom­ple­men­tê­re k­leu­re lê reg­oor me­kaar op die kleur­wiel. Dit be­te­ken as jy ’n kom­ple­men­tê­re kleur vir pienk soek, moet jy kyk na die blou­groe­ne reg­oor die pien­ke op die kleur­wiel. Hier­die k­leu­re sal me­kaar aan­vul en ver­sterk.

Kon­tras­te­ren­de k­leu­re lê weers­kan­te van ’n kleur se kom­ple­men­tê­re kleur op die kleur­wiel. Dit be­te­ken as jy ’n kon­tras­te­ren­de kleur vir pienk soek, moet jy gele of blou-vi­o­let­te oor­weeg. Dink aan ’n skroef­vorm wan­neer jy kon­tras­te­ren­de k­leu­re op die kleur­wiel soek (laat die stip­pel­lyn jou lei op die kleur­wiel oor­kant) – dit bied die­self­de voor­de­le as kom­ple­men­tê­re k­leu­re, maar die ef­fek is sub­tie­ler.

Die stip­pel­lyn wys hoe jy die kleur­wiel moet ge­bruik wan­neer jy kon­tras­te­ren­de

k­leu­re kies.

Bron: pan­to­ne.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.