Nu­we kleur kik­ker dié meent­huis op

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur A­man­da van Wyn­gaardt • Fo­to’s El­za Roux

Jou huis­kleur is soos ’n le­wens­maat wat el­ke og­gend daar is wan­neer jy jou oë oop­maak. Dink daar­om mooi

voor­dat jy die ver­frol­ler op­tel.

Die kos­te

“Ek was on­mid­del­lik ver­lief op my meent­huis toe ek dit sien; die dub­bel­vo­lu­me, die sol­der­ver­trek, ’n ruim, boom­ry­ke erf en die lig­ging in die kom­pleks was per­fek,” ont­hou A­man­da van Wyn­gaardt, een van Tuis se medewerkers. Dis net die hel­der­rooi mu­re wat vir haar ’n seer­oog was.

By dié meent­huis­kom­pleks kan ei­e­naars uit d­rie k­leu­re verf vir hul huis kies. On­ge­luk­kig is A­man­da se een­heid net ’n paar maan­de voor­dat sy in­ge­trek het, deur die be­heer­lig­gaam ge­verf. Sy het lank ge­wik en weeg oor die on­kos­te, maar ná ’n paar maan­de in die rooi huis het sy net een og­gend wak­ker ge­word en be­sef dis ’n mors van tyd om nog ja­re te wag tot die kom­pleks weer ge­verf word – sy sou dit self op eie on­kos­te moes doen.

Uit­ein­de­lik het die he­le pro­jek haar so­wat R7 000 ge­kos – en ton­ne waar­de tot haar le­we toe­ge­voeg!

Die pro­ses

As bin­ne­ver­sier­der raai A­man­da haar kli­ën­te al­tyd aan om met ’n plan na ’n eind­pro­duk te werk. Die rooi was vir haar ou­tyds en het glad nie by haar de­kor­dro­me in­ge­pas nie.

Heel eer­ste moes sy die an­der k­leu­re wat in die kom­pleks ge­bruik word, oor­weeg. Hoe­wel aan­vank­lik on­se­ker oor die hout­skool – een van die kleur­op­sies waar­uit ei­e­naars kon kies – het die gra­fie­se po­ten­si­aal van die kleur en kon­tras met wit tuin­meu­bels haar gou oor­reed.

In die de­kor­wê­reld word grys as ge­so­fis­ti­keerd be­skou. Dit word ook ver­bind met kalm­te. Maar om­dat dié kleur e­mo­sie­lo­se en sta­tie­se kon­no­ta­sies het, vra dit ak­sen­te wat vi­su­e­le en e­mo­si­o­ne­le ba­lans help skep. Vir dié doel het A­man­da haar voor­deur in ’n sterk o­ran­je ge­verf en die ga­ra­ge­deur se hout be­klem­toon – al­bei is e­le­men­te wat warm­te aan die koel ge­heel ver­skaf.

“O­ran­je het die laas­te paar jaar op­be­weeg in die kleur-hi­ë­rar­gie en is tans ’n ge­sog­te mo­de­kleur. Dit word met warm­te en e­ner­gie ge­as­so­si­eer, en is daar­om i­de­aal as ak­sent­kleur vir ’n kon­tem­po­rê­re voor­koms,” ver­dui­de­lik A­man­da.

Ge­o­me­trie­se de­tail

Ter af­ron­ding is een­der­se ge­o­me­trie­se pa­tro­ne op al­bei deu­re aan­ge­bring. Eers het A­man­da die voor­heen tur­koois voor­deur met ’n neu­tra­le kleur, Du­lux Dus­ted Moss 2, ge­verf. Daar­na het die ver­wer, Paul C­hi­peta, mas­keer­band in ge­o­me­trie­se pa­tro­ne daar­oor ge­plak en Du­lux Gin­ger Glow 4 bo-oor ge­verf.

Vir een­vor­mig­heid is die ge­o­me­trie­se pa­troon op die ga­ra­ge­deur her­haal. Paul het die hout ge­skuur, mas­keer­band ge­plak en die deur toe met Du­lux Wood­gard Tim­ba­var­nish in die kleur Dark Oak be­han­del.

Wenk

Kon­tras is be­lang­rik in de­kor, om­dat dit fo­kus­pun­te en rit­me skep. Een­der­se kleur­to­ne in ’n prent­jie lyk mak­lik saai en ver­veel die ky­ker.

A­man­da van Wyn­gaardt en haar seun, An­gus (5).

An­gus help vir Paul C­hi­peta om mas­keer­band in ge­o­me­trie­se pa­tro­ne oor die af­ge­skuur­de ga­ra­ge­deur te plak.

An­gus en Mi­lou, die steek­haar-foks­ter­ri­ër. Dit was be­slis die moei­te werd om my huis oor te verf. Grys is die per­fek­te skil­der­doek vir my de­kor­styl. – A­man­da

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.