Plak dit met die kuns van For­na­set­ti

Skep ’n tref­fen­de ta­fel met verf, dé­cou­pa­ge-gom en ’n af­druk.

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Mar­gaux Tait en Ger­ma­rie Bru­wer • Fo­to’s C­har­le­ne S­chreu­der en Mar­gaux Tait

1 Kry ’n ho­ë­re­so­lu­sie-for­na­set­ti-prent aan­lyn en laat dit in die reg­te groot­te vir jou ta­fel druk; ons het dié een by houzz.com ge­kry.

2 Be­rei die op­per­vlak voor vir die verf deur die ta­fel lig­gies te skuur; ’n stuk skuur­pa­pier om ’n hout­blok ge­vou, ver­ge­mak­lik jou taak.

3 Verf die po­te met die Brus­hed Me­tal-verf; d­rie lae was ge­noeg vir ’n goeie af­wer­king. 4 Knip jou For­na­set­ti-prent uit en plak dit met Jab­tex Pod­ge Me­di­um op die ta­fel. Met dié pro­duk kan jy die prent rond­skuif tot jy ge­luk­kig is met sy po­si­sie; dit ver­oor­saak ook min bor­rels. Verf nog ’n laag booor en laat dit droog word.

Het jy ge­weet?

Pie­ro For­na­set­ti was ’n 20ste-eeu­se I­ta­li­aan­se skil­der, beeld­hou­er, bin­ne­ver­sier­der en gra­veer­der. Hy het meer as 11 000 kuns­wer­ke ge­skep, en baie het die ge­sig van die o­pe­ra­so­praan Li­na Ca­va­lie­ri as ’n mo­tief ge­had. Hy is wel­be­kend vir sy pen-e­nink­sket­se. Van­dag is For­na­set­ti se styl in mo­de- en de­kor­by­kom­stig­he­de soos ser­pe, das­se, lam­pe, meu­bels, por­se­lein­bor­de en ta­fels te sien. Be­sig­tig sy werk by for­na­set­ti.com.

Be­skerm jou kuns­werk met ’n laag Jab­tex Sil­ky Var­nish.

In­ko­pie­lys

• ho­ë­re­so­lu­sie-for­na­set­ti­prent op maat ge­druk • be­kos­tig­ba­re vou­ta­fel • Brus­hed Me­tal-verf in die kleur Cos­mo­po­li­tan van Fi­red Earth (te kry by Buil­ders) • Jab­tex Pod­ge Me­di­um (te kry by hand­werk­win­kels) • Jab­tex Sil­ky Var­nish • 180-grint-skuur­pa­pier

Ge­reed­skap

• skêr • spons­rol­ler • verf­kwas • verf­bak Hier­die sy­ta­fel het drin­gend hou­ding ge­kort; ’n tref­fen­de For­na­set­ti-af­druk en me­taal­verf op die po­te maak dit nou ’n ster uit eie reg.

Ea­ton-vou­ta­fel, goue kers­hou­er, stel van t­wee Mi­cha­el C­hand­ler­kuns­wer­ke (20 x 25 cm) en drie­poot-kol­lig van Mr Pri­ce Ho­me

VER­SKAF­FERS Buil­ders 0860 284 533, buil­ders.co.za Mr Pri­ce Ho­me 0800 212 535, mrp­ho­me.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.