G’n te­ëls in dié sjiek grys bad­ka­mer

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Ma­ri­an van Wyk Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster

Dank­sy die kre­a­tie­we ge­bruik van verf – van die vloer tot die pla­fon – is dié bad­ka­mer in Bloem nou

splin­ter­nuut.

Die kos­te

Ri­ka en Jo­han het R15 600 aan hul nu­we bad­ka­mer be­stee. Dit sluit die uit­breek- en lood­gie­terswerk met die hulp van ’n bou­er, bou­ma­te­ri­aal, al­le produkte soos verf en se­ël­mid­dels, nu­we kra­ne, spie­ël, gor­dyn en glas vir die was­bak in. Die he­le pro­jek sou aan­sien­lik duur­der ge­wees het as hul­le te­ëls pleks van verf ge­bruik het.

Die pro­jek

Se­dert Ri­ka en Jo­han van Zyl van Bloem­fon­tein vier jaar ge­le­de hier in­ge­trek het, het hul­le el­ke jaar ’n nu­we pro­jek aan­ge­pak. “Van­jaar het die bad­ka­mer los­han­de ge­wen,” ver­tel Ri­ka, ’n regs­do­sent aan Ko­v­sies. “Dit was ’n seer­oog – ou­tyd­se o­ran­je te­ëls o­ral, geen stort nie en net ’n k­lein en­kel­was­bak. En ons was klaar met te­ëls.”

Ri­ka en Jo­han, ’n la­er­skool­on­der­wy­ser, het reeds voor die De­sem­ber-va­kan­sie stuk-stuk aan die werk ge­spring en toe in Ja­nu­a­rie t­wee we­ke lank vol­stoom ge­werk en die pro­jek af­ge­han­del.

Ri­ka ver­dui­de­lik: “Ek verf e­ni­ge ding en stel graag nu­we produkte op die proef. Ek kon nie aan ’n re­de dink hoe­kom ’n bad­ka­mer te­ëls moet hê nie. Met die nuut­ste ver­we en se­ël­mid­dels is ’n te­ël­vrye bad­ka­mer heel­te­mal moont­lik; dis ook baie be­kos­tig­baar as jy la­ter jou kleur­pa­let wil ver­an­der.”

Jo­han het self die se­ment­vloer ge­lê, waar­na Ri­ka dit t­wee lae Im­pa Paints Bathroom & Kit­chen in wit ge­gee het. Daar­na het sy die grys sten­sil­werk ge­doen met ’n e­mal­je­verf (pro­beer Du­lux se Tra­de Floor­co­te E­na­mel vir soort­ge­ly­ke re­sul­ta­te).

“Om die pa­troon te verf was nie juis moei­lik nie, net tyd­ro­wend. Ek het ’n k­lein kwas­sie ge­bruik, in die mid­del be­gin en na bui­te ge­werk. Ek het ge­dink ek sal moet wag dat die verf droog word voor­dat ek die sten­sil op­lig, maar dit het heel goed ge­kleef. Die grys verf het plek-plek ’n bie­tjie ge­smeer, maar dit dra by tot die self­ge­doen­de voor­koms; ek wou dit ook nie per­fek hê nie. T­wee lae Uro Se­al-se­ël­mid­del la­ter was die vloer uit­ein­de­lik klaar.

“Die pro­ses was vir my so te­ra­peu­ties! Ek het dit reg­tig ge­niet. Men­se het ons ge­waar­sku dat die se­ël­mid­del die wit de­le van die vloer kan laat ver­geel, maar ons het die kans ge­waag en dit het ge­luk­kig nie ge­beur nie,” sê Ri­ka.

Ri­ka se wen­ke

• Moe­nie bang wees om iets nuuts op die proef te stel nie – soos verf en se­ël­mid­dels pleks van te­ëls.

• Verf is baie goed­ko­per as te­ëls en daar is al­ler­lei ge­hal­te-se­ël­mid­dels wat ge­verf­de op­per­vlak­ke wa­ter- en vog­be­stand sal maak.

• Jy dink mis­kien jou han­de­werk lyk nie per­fek nie, maar dis net jy wat dit gaan raak­sien.

• Speel rond met ver­skil­len­de s­ty­le en vra i­dees en raad by men­se wat soort­ge­ly­ke pro­jek­te ge­doen het.

An­der af­wer­kings

Mu­re Im­pa Paints Bathroom & Kit­chen Whi­te S­tort­mu­re Wa­ter­dig­tings­mid­del: A­qua­cu­re Whi­te; verf: No­va Gel­co­at Whi­te

Die was­bak is met Cop­rox se Ma­son­ry Wa­ter­p­roof­ing in die kleur Lig­ht Grey ge­verf en toe ge­se­ël met Cop­rox Wall & Floor Cle­ar Se­a­ler. Jo­han het self die spie­ël­raam ge­maak. Draad­mand­jies van Mr Pri­ce Ho­me; pot­plant­hou­er van Wool­wort­hs

’n Bou­er het hand by­ge­sit met die was­bak. Die op­per­vlak het ’n be­ton­la­tei aan die voor­kant en ’n ys­ter­raam­werk daar­ag­ter. Hier­op is ’n be­ton­blad skuins ge­giet, wat toe met ’n stuk glas be­dek is. Die wa­ter vloei

oor die glas na ’n geut­bak aan die ag­ter­kant, wat na die af­voer­pyp lei.

Kies Du­lux Sapphi­re S­prings 1 as jy van die kleur van dié deur hou.

BO Ri­ka het so­wat agt uur aan dié pa­troon op die vloer ge­verf. Sy het die pa­troon op Pin­te­rest ge­kry en self die sten­sil ge­maak. Eers het sy dit op A3-pa­pier ge­druk, die pa­troon op ’n dik stuk kar­ton af­ge­trek en dit toe met ’n hand­werk­mes­sie uit­ge­sny.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.