Pod­ge: ’n fo­kus­muur met ou blaaie

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Lisa S­paar­wa­ter Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster Sti­le­ring Mar­gaux Tait

Lus vir ’n uit­da­ging? Ge­bruik dan ou boe­ke en skep ’n fo­kus­muur soos min.

So maak jy ...

1 Haal ge­noeg blaaie uit die boe­ke om jou muur te be­dek. Doen dit som­mer rof­weg so­dat die ran­de nie per­fek reg­uit is nie – dit voeg ka­rak­ter by. En ge­bruik ge­rus blad­sye van ver­skil­len­de groot­tes.

2 Be­gin bo links in die hoek. Verf Mod Pod­ge ag­ter­op die eer­ste blad en plak dit in po­si­sie vas. Vee met ’n droë lap oor die pa­pier om e­ni­ge voue of kreu­kels weg te werk. Plak die vol­gen­de blad langs die eer­ste en laat dit die eer­ste blad ef­fens oor­vleu­el. Hou so aan met op­een­vol­gen­de rye tot die he­le muur be­dek is.

3 Laat al­les goed droog word – oor­nag is per­fek. Ge­bruik dan weer die Mod Pod­ge, dié slag as ver­nis, en rol t­wee of d­rie lae oor die muur met jou spons­rol­ler. So se­ël en be­skerm jy die muur teen vui­lis en krap­mer­ke.

Glas­bot­tels met skrif, wit lamp­staan­der en ge­plooi­de grys lamp­skerm, lem­me­tjie­groen strooi­kus­sing oor­ge­trek met Fun­ky Li­me Flo­ral, grys strooi­kus­sing, grys kwilt, streep­kus­sings oor­ge­trek met An­ti­que-ma­tras­lap (ook be­skik­baar in blou, grys en rooi), al­les van Big­gie Be­st

Wen­ke Die kuns is om ge­noeg Mod Pod­ge aan die pa­pier te verf, maar nie te veel nie – net ge­noeg om te plak. • Moe­nie met die nat Mod Pod­ge-kwas di­rek oor nat pa­pier verf nie; dit sal baie kreu­kels maak. • Staan ge­reeld ’n paar treë te­rug om te sien hoe die muur van ’n af­stand af lyk en om se­ker te maak jy werk min of meer reg­uit.

Wat jy no­dig het • ou boe­ke • Mod Pod­ge (by kuns­win­kels en ys­ter­wa­re­win­kels te kry) • verf­pan of an­der plas­tiek­hou­er om die Mod Pod­ge in uit te gooi • 38 mm-kwas • spons­rol­ler en verf­bak • leer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.