Oe-la-la van die vloer tot die ys­kas

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Ma­ri­an van Wyk Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster en ver­skaf

Tuis se be­stu­ren­de redakteur,redakteur, Da­le­da­le Niehaus,niehaus, het saam met haar man, Ru­an, me­ni­ge na­week en nag om­ge­verf om hul don­ker kom­buis Fran­se

flair te gee.

Da­le het op ’n neu­tra­le pa­let vir haar kom­buis­verf­pro­jek be­sluit om­dat dit ’n oop­plan­ver­trek is, “be­slis nie om­dat ek ’n rus­ti­ge ge­voel wou hê nie, want rus­tig is ek nie”. Op die kas­deu­re is An­nie Sloan Old Whi­te, ge­se­ël met Sa­b­re S­to­ne Se­al. Die toon­bank in An­nie Sloan F­rench Li­nen is af­ge­werk met An­nie Sloan Dark Wax.

Ru­an se pa, Ge­or­ge, het dié ei­ke­hout­fi­neer­kas ja­re ge­le­de as ’n jonk­mans­kas vir Da­le en Ru­an ge­maak. Dit was op sy dag al Tv-kas en lin­ne­kas, en ná ’n laag of t­wee An­nie Sloan Old Whi­te, en toe An­nie Sloan Cle­ar Wax, is dit nou tuis in die kom­buis. >> K­ris­tal­hand­vat­sels van Plan B Vin­ta­ge

DIE KLEUR­PA­LET

1 An­nie Sloan Old Whi­te (plek-plek ge­se­ël met Sa­b­re S­to­ne Se­al, op an­der met An­nie Sloan Dark Wax en Cle­ar Wax – sien on­der­skrif­te) 2 An­nie Sloan F­rench Li­nen 3 Swart Au­to Paint van Mark’s Paints (ge­meng met wit Au­to Paint om die reg­te grys ska­ke­ring te kry)

Die kos­te

Geld vir ’n nu­we kom­buis was daar nie, ver­tel Da­le. Sy skat haar uit­ga­wes het min­der as R7 000 be­loop, as sy die kos­te van die nu­we gas­pla­te en die hang­lam­pe bui­te re­ke­ning laat. “Dis moei­lik om pre­sies te sê, want ons het die werk oor ’n lang tyd­perk ge­doen.”

Hul­le het her­ge­bruik wat hul­le kon – van die be­staan­de kas­te tot ou stei­er­plan­ke. Selfs die deur­hand­vat­sels is be­hou: “Nu­we hand­vat­sels is ’n luuk­se en dis duur. So­lank dit nie ’n leeu­kop is nie, kan ek daar­mee saam­leef,” sê sy ferm.

Die pro­jek

Da­le en Ru­an, ’n nuts­man, het let­ter­lik nag­te en na­we­ke om­ge­verf. Vra jy haar hoe lank die pro­jek ge­neem het, sê sy: “Té bler­rie lank.” Of wie al­mal saam­ge­verf het: “Ek moes sélf el­ke lie­we kwas­haal op die kas­te verf …”

Hul­le woon reeds 20 jaar lank in hul huis in die Kaap­se buurt Kuils­ri­vier; in 2004 het hul­le splin­ter­nu­we kom­buis­kas­te van laag­hout-fi­neer laat in­bou en ’n ge­la­mi­neer­de vloer laat lê.

“Toe het ons ge­dink dis die heel mooi­ste kom­buis in die he­le wê­reld,” ver­tel sy. Maar 10 jaar la­ter het dit hul­le ál meer ge­pla dat die kom­buis af­ge­sluit was van die an­der leef­ver­trek­ke. “Toe ek vroeg in 2013 by Tuis be­gin werk, het daar ’n he­le nu­we kre­a­tie­we wê­reld vir my oop­ge­gaan.”

Da­le se oor­maak-i­dees het ’n do­mi­nou­it­wer­king ge­had. “Ons sou aan­vank­lik net die muur tus­sen die kom­buis en eet­ka­mer uit­breek en die boon­ste kas­sies skuif. Maar toe be­sluit ons om deur te breek na die bui­te­ka­mer, wat nou ’n was-en-op­was­ver­trek is. En toe moes daar­die kas­te ook skuif … En toe die was­bak …”

Hul­le het skep­pend ge­werk met wat reeds in die kom­buis was. “Die raam­werk van die kas­te is tyd­loos en ek het ge­weet verf is die be­kos­tig­baar­ste ma­nier om die groot­ste ver­an­de­ring te maak. ’n Reg­hoe­ki­ge kas­deur gaan im­mers nie uit die mo­de nie.”

Tus­sen dit al­les deur is die ge­la­mi­neer­de vloer, wat bo-op No­vi­lon ge­lê is, met No­vi­lon en al ge­lig en het hul­le die vloer met pad­verf swart ge­verf.

Ná al die bou- en breek­werk en rond­skuif van kas­te het hul­le die kas­deu­re af­ge­skroef en dit lig­gies met ’n 60-grint-skuur­pa­pier ge­skuur; toe het Da­le be­gin verf.

“Ek het t­wee lae met ’n spons­rol­ler ge­verf en die ran­de baie lig­gies met ’n 120-grint­skuur­pa­pier af­ge­skuur vir ’n ver­weer­de voor­koms. Daar­na is die deu­re met Sa­b­re S­to­ne Se­al ver­se­ël.

“Ons het ses maan­de lank so ge­werk, soms tot ná mid­der­nag, en moes een­pot­ge­reg­te op ’n twee­plaat­sto­fie maak. Die skot­tel­goed moes in die bad ge­was word! Maar jy kan nie die ge­daan­te­wis­se­ling glo nie. Ar­min ( bo), my jong­ste seun wat ge­strem is en glad nie van ver­an­de­ring hou nie, sê dis heer­lik om al­les so oop te hê. Ru­an is on­ge­loof­lik trots op ons han­de­werk, maar ook on­ein­dig dank­baar dis klaar.

“En ek voel as­of ek die lo­te­ry ge­wen het. Die kom­buis is nou die spil waar­om al­les draai. Al­mal kui­er om die toon­bank en nie­mand is uit­ge­sluit van die par­ty­tjie nie. Die ei­land is ’n won­der­li­ke op­skep­plek en be­slis die beste toe­voe­ging!”

Da­le se wen­ke

• Be­plan deeg­lik voor die tyd (ons het nie!).

• Kies ’n kleur­pa­let en hou daar­by, maar moe­nie bang wees om bin­ne die pa­let rond te speel nie.

• Wees ge­dul­dig en wag dat jou verf of se­ël­mid­dels heel­te­mal droog word. Ek het my by­voor­beeld met die S­to­ne Se­al mis­gis en die deu­re teen me­kaar ge­pak tot­dat Ru­an dit weer kon hang, maar toe kleef dit aan me­kaar vas. Ek moes weer bo-oor dit verf, wag dat dit droog word en weer ver­se­ël. Só leer ’n mens.

• Be­sluit voor­af op ’n sper­da­tum en hou daar­by.

Wit dien­bord (op ei­land) van Wey­landts; kas­se­rol van Le Creuset; wit bak­ke op mid­del­ste rak van Wey­landts en @ho­me; d­rie groot maat­be­kers op on­der­ste rak van @ho­me, k­lein maat­be­ker van

Le Creuset, t­wee mid­del­slag-be­kers van Wey­landts

ON­DER Da­le en Ru­an het die s­weefrak­ke ge­maak van stei­er­plak­ke wat hy op ’n bou­per­seel op­ge­tel het. T­wee be­kers links van Wey­landts en maat­be­ker van @ho­me

BO Tot die ys­kas het ’n lek­sel An­nie Sloan ge­kry – F­rench Li­nen, ge­se­ël met Anne Sloan

Cle­ar Wax. REGS Die blad van die ei­land­een­heid is ’n ou hek wat Ru­an teen R400 by Ross De­mo­li­ti­on ge­koop het. Hy het dit af­ge­skuur en Da­le het dit met An­nie Sloan F­rench Li­nen ge­verf en met An­nie Sloan Dark Wax ge­se­ël. Die ba­sis van die ei­land is ge­maak van kas­te wat hul­le uit­ge­breek het. De­ko­ra­tie­we kor­be­le van

Plan B Vin­ta­ge

LINKS Na­dat Da­le die kas­te ge­verf het, het sy die ran­de baie lig­gies ge­skuur (an­ders skuur jy deur die fi­neer) om dié ver­weer­de voor­koms te skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.