Doop dit: lap­verf gee gor­dy­ne flair

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Mar­gaux Tait en Ger­ma­rie Bru­wer Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster en Mar­gaux Tait

Gee ’n paar dood­ge­wo­ne

ka­toen­gor­dy­ne nu­we f­leur deur dit in ver­dun­de

lap­verf te doop.

So maak jy ...

1 Was die gor­dy­ne so­dat jy kan se­ker wees dis skoon en stof­vry. Moet dit nie laat droog word nie – die verf kry ’n mooi ge­laag­de voor­koms as jy dit nat in die verf doop. On­ge­voer­de ka­toen­gor­dy­ne sal die verf die beste ab­sor­beer. 2 Ver­dun 250 ml ma­te­ri­aal­verf in 1 li­ter wa­ter; maak se­ker die verf is goed ge­meng, an­ders kan dit on­e­we­re­di­ge kol­le op die lap ver­oor­saak. 3 Maak ’n groot plas­tiek­hou­er so­wat t­wee der­des vol wa­ter en voeg dan die verf­op­los­sing by. Toets die kleur op ’n af­val­stuk ka­toen voor jy die gor­dyn daar­in doop. 4 Laat sak die nat gor­dyn met die bo­kant (die gor­dyn­ho­fie) eer­ste in die hou­er. Die leng­te lap wat jy in die vloei­stof doop, hang af van tot waar op die gor­dyn jy kleur wil hê. Laat die on­der­dom­pel­de stuk gor­dyn in die hou­er week ter­wyl die an­der ent oor die rug­leu­ning van ’n stoel hang.

En doen dit weer

Laat die gor­dyn ’n uur lank week en hang dit dan uit om droog te word – maak se­ker die on­ge­doop­te deel kom nie met die verf in aan­ra­king nie.

Ná die eer­ste doop­slag sal die gor­dyn ’n re­de­lik lig­te kleur hê as dit droog is; hou net aan doop en droog maak tot jy te­vre­de is met die kleur­in­ten­si­teit.

Laat die gor­dyn heel­te­mal droog word ná die laas­te doop­slag en stryk dit dan om kleur­vast­heid te ver­se­ker.

Wenk

Ver­dun die verf in ’n groot fles of bot­tel met ’n skroef­dop – dan kan jy dit lek­ker skud en ’n klont­vrye meng­sel

ver­se­ker.

Hou jy van die drie­hoe­ki­ge pa­troon teen die muur? Dis met ’n stem­pel en An­nie Sloan se Grap­hi­te-verf ge­doen. So maak jy: Wend die verf met ’n spons­rol­ler op die stem­pel aan en druk dit in ’n on­re­ël­ma­ti­ge pa­troon teen die muur vir mo­no­chroom tref­krag.

Be­stel jou­ne by ho­me­o­lo­gy.co.za.

• on­ge­voer­de ka­toen­gor­dy­ne • Her­i­ta­ge Fa­bric Paint (te kry by PNA, Buil­ders of hand­werk­win­kels) • plas­tiek­hou­er (’n ba­ba­bad werk goed) • af­val­stuk ka­toen • stryk­ys­ter • bot­tel met skroef­dop

In­ko­pie­lys

Ge­reed­skap

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.