Doen ons vra­e­lys: Wat is jou styl?

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Be­a­tri­ce Moo­re-n­öthna­gel

On­se­ker oor hoe jy daai ou stoel of fo­kus­muur moet verf? Vul dié vra­e­lys in vind uit wat jou de­kor­styl is;

kies dan ’n kleur wat daar­by pas.

Jou eer­ste ge­dag­te wan­neer jy ou meu­bels sien waar­van die verf af­dop, is: A Mal daar­oor! Waar kan ek dit in die han­de kry? B Nee wat. Of dalk tog – as ek dit wit of grys kan verf. C Skuur dit af tot op die oor­spronk­li­ke hout. D Per­fek! Dit kan nog mooi­er wees as ek dit weer verf – hel­der­blou, of dalk rooi.

Jou i­de­a­le spie­ël­raam is: A E­nig­iets, so­lank dit oud is. B Sier­lik en ver­guld om glans in ’n ver­trek te b­ring. C Natuurlike hout of teks­tu­re soos bam­boes of tou. D Iets speels, soos een met ’n wol­kie­vorm.

Die mat in jou slaap­ka­mer is: A ’n Prag­ti­ge twee­de­hand­se mat in ge­bleik­te k­leu­re. B ’n Deur­ge­loop­te Per­sie­se ta­pyt. C Iets van natuurlike ma­te­ri­aal soos klap­per­haar of si­sal. D E­ni­ge kon­tem­po­rê­re ont­werp, ver­kies­lik met ’n ge­o­me­trie­se pa­troon.

Van wat­ter soort or­na­men­te hou jy? A My ou­ma se erf­stuk­ke, só uit­ge­stal dat al­mal dit kan sien. B ’n Wit bors­beeld of man­ne­kyn. C Op­tel­goed van die strand of die veld. D ’n Speel­se ar­ti­kel soos ’n kers wat lyk soos ’n Ke­w­pie-pop.

Wat­ter ma­te­ri­aal sal jy kies as jy weer jou sit­ka­mer­bank laat oor­trek? A Vrou­li­ke lap in sag­te k­leu­re. B Vars wit of natuurlike lin­ne. C E­nig­iets in ’n neu­tra­le kleur. D Gedrukte ont­wer­pe, pa­tro­ne, stre­pe – al­les in sterk k­leu­re.

Wat­ter soort be­lig­ting ver­kies jy? A ’n Kan­de­la­ber of hang­lig van ’n twee­de­hands­mark, e­nig in sy soort. B E­le­gan­te kris­tal of ko­per – nuut of twee­de­hands. C ’n Kon­tem­po­rê­re hout­skerm wat ek op ’n ont­werp­skou aan­ge­skaf het. D ’n Fun­ky hang­lig of tros hanglig­te.

Hoe lyk jou leef­ver­trek? A Vol tier­lan­tyn­tjies en per­soon­lik­heid, met ban­ke en stoe­le in pas­tel- of blom­lap oor­ge­trek. B ’n Meer for­me­le sit­ka­mer; die meu­bels het ge­kurf­de po­te en lief­li­ke gedrukte stof­fe­ring. C ’n Ge­sel­li­ge ge­sins­ka­mer waar los oor­trek­sels jou uit­nooi om op die bank uit te strek. D ’n Kon­tem­po­rê­re meng-en-pas­ver­sa­me­ling meu­bels en uit­ge­stal­de stuk­ke wat ge­sel­skap uit­lok.

Jou guns­te­ling­blom­me is: A ’n Bos ou­wê­reld­se ro­se in sag­te k­leu­re. B Loof, of ’n groot or­gi­dee in ’n pot. C E­ni­ge mooi pot­plant. D ’n Plant wat ’n stel­ling maak, soos ’n kak­tus.

As dit by gedrukte stow­we kom, wat ver­kies jy? A Blom­me B Toi­le C Niks ge­druk nie, dan­kie. D Iets speels.

Jou de­fi­ni­sie van kuns is: A ’n Ver­sa­me­ling fo­to’s of pren­te in ver­skil­len­de ou ra­me. B ’n En­ke­le Re­nais­san­ce-stuk in ’n ver­gul­de raam. C Bo­ta­nie­se af­druk­ke of lyn­sket­se. D Kon­tem­po­rê­re kuns van ’n op­ko­men­de kuns­te­naar.

Wat­ter soort hond pas by jou per­soon­lik­heid? A Basset of be­agle. B Fran­se bul­hond of poe­del. C La­bra­dor D ’n Op­tel­brak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.