Druk jou stem­pel op jou ta­fel af

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Wi­cus P­re­to­ri­us Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster en ver­skaf Sti­le­ring Ma­ri­an van Wyk

’n Wit­ge­verf­de den­ne­hout­ta­fel kry nu­we le­we met ’n stem­pel­ef­fek. Dis nie moei­lik nie, so­lank

jy net nie haas­tig raak nie.

So maak jy…

Be­rei die ta­fel voor deur dit skoon te vee met ’n warm seep­lap­pie; laat dit dan be­hoor­lik droog word. As die wit verf al ’n bie­tjie nerf-af is en jy nie daar­van hou nie, gee die ta­fel ’n nu­we laag verf – ons be­veel Du­lux Pe­ar­l­glo aan. Vir dié pro­jek het ons die ta­fel net so ge­los, met die den­ne­hout wat plek-plek deur­slaan.

1 Kies ’n stem­pel na jou smaak by ’n hand­werk­win­kel – ons s’n kom van ho­me­o­lo­gy.co.za. As jy nie se­ker is hoe dit gaan lyk nie, toets eers op ’n vel wit pa­pier. 2 Span ’n tou van die een kant na die an­der kant van die ta­fel – dit dien as gids­lyn waar­vol­gens jy net­jies en reg­uit kan werk. Ons het lus­sies op el­ke punt van ’n stuk tou ge­maak en met ’n spy­ker al­kant van die ta­fel vas­ge­sit. Wenk Kap die spy­ker on­der die ta­fel­blad vas, dan sien ’n mens nie die gaat­jie nie. Of maak dit ag­ter­na met hout­vul­ler toe.

3 Jy kan jou stem­pel­werk sorg­vul­dig be­plan (be­paal ’n be­gin­punt wat die eind­pro­duk pre­sies sim­me­tries sal maak), of be­gin een­vou­dig aan een kant en laat waai. Rol die spons­rol­ler in die verf, en verf dan die stem­pel se on­der­kant – moe­nie die stem­pel in die verf druk nie, dit sal te nat wees. Stem­pel van die een kant van die ta­fel na die an­der. 4 Skuif nou die gidstou­tjie aan met die b­reed­te van die stem­pel, en her­haal stap 3. Hou so aan tot die ta­fel se bo­kant heel­te­mal toe­ge­stem­pel is.

Wen­ke

• As die ta­fel­blad on­ge­lyk is, sal die stem­pel nie die verf o­ral e­we­re­dig op die blad oor­dra nie. Dit kan jou dalk pla, maar dit gee ek­stra ka­rak­ter aan die ta­fel – los dit net so.

• Wag tot die Pva-verf droog is en se­ël dit dan met ’n mid­del soos S­ti­ro Bon­ding Se­a­ler van New S­pectra Paints – ge­bruik min­stens d­rie lae, dan sal die ta­fel­blad was­baar en be­stand teen krap­mer­ke wees.

C­lin­ton F­ried­man-kus­sings van Gar­dens & Ro­ses; eet­ge­rei­hou­er, lang wa­ter­kraf­fie, koek­staan­der en vo­ël­ho­klan­tern van Mr Pri­ce Ho­me; Stu­dio W-slaai­bak en ker­se in wit hou­ers van Wool­wort­hs; vaas van Wey­landts; ser­vet­te en strooi­tjies van In Good Com­pa­ny

Wat jy no­dig het

• maat­band • a­kriel-pva in die kleur van jou keu­se • stem­pel • tou • paar k­lein spy­kers • klou­ha­mer • k­lein spons­rol­ler • verf­bak • New S­pectra Paints S­ti­ro Bon­ding Se­a­ler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.