Laag op laag: laai­kas ry die golf

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Ash­ley Stem­mett Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster

’n Paar kwas­ha­le s­tuur dié ou laai­kas in ’n splin­ter­nu­we rig­ting!

1 Wend een of t­wee lae on­der­laag aan. Ge­bruik Du­lux Su­per­grip Pri­mer of Du­lux Wood Pri­mer – dis ge­skik vir on­be­werk­te hout of glad­de op­per­vlak­ke. Wag tot dit droog is voor jy t­wee lae wit wa­ter­ba­sis-e­mal­je­verf oor die he­le pro­jek aan­wend. Meng in­tus­sen so­veel ver­skil­len­de ska­ke­rings as wat jy no­dig het deur tel­kens nog van die don­ker verf by el­ke vo­ri­ge meng­sel te voeg. WENK Ge­bruik leë fles­se of jo­gurt­hou­ers om die ek­stra ska­ke­rings te meng. Sit hul­le langs me­kaar neer so­dat jy die k­leu­re kan ver­ge­lyk en aan­pas in­dien no­dig. 2 Be­gin met wit en wend tel­kens ’n don­ker­der ska­ke­ring op die laaie aan. Ge­bruik ’n k­lein spons­rol­ler vir ’n glad­de af­wer­king. 3 Ge­bruik ’n pot­lood en te­ken ’n een­vou­di­ge golf­pa­troon oor die laai-voor­kan­te en op die kas se sy­kan­te. 4 Blok die pa­troon uit met mas­keer­band. 5 Verf die gol­we met die spons­rol­ler op die laaie en die sy­kan­te. Werk van on­der af boon­toe. 6 Neem jou maat­band en merk die po­si­sies vir die deur­knop­pe. Boor 5 mm-ga­te daar­voor en skroef die knop­pe vas.

Ons het da­de­lik die po­ten­si­aal van dié ge­ha­wen­de ou laai­kas raak­ge­sien en dit vir ’n ap­pel en ’n ei op ’n vei­ling ge­koop.

Pro­jek­no­tas

• Ons het ’n af­val­stuk 22 mm­ge­la­mi­neer­de den­ne­hout ge­bruik om die nu­we po­te te on­der­steun. • Ons het die knop op el­ke laai met t­wee nu­wes ver­vang en die ou gaat­jies met hout­vul­ler toe­ge­maak. • Ons het een­vou­dig wit verf ge­bruik en el­ke keer ’n bie­tjie meer van die don­ker­blou verf by­ge­voeg om die golf­pa­troon ál don­ker­der te maak. Dis goed­ko­per as om ver­skil­len­de pot­jies verf in die ver­skil­len­de ska­ke­rings te koop.

Die per­fek­te kas vir ’n seun se

ka­mer.

In­ko­pie­lys • mas­keer­band • hout­vul­ler • knop­pe • Du­lux Su­per­grip-on­der­laag • a­kriel-pva of e­mal­je­verf met ’n wa­ter­ba­sis in die kleur van jou keu­se – pro­beer Du­lux Pe­ar­l­glo Wa­ter­ba­sed Ge­reed­skap • boor • fyn­skuur­ma­sjien • spons­rol­ler en verf­bak

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.