Plak­pa­pier: teks­tuur plus kleur

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Mar­gaux Tait en Ger­ma­rie Bru­wer • Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster en Mar­gaux Tait

Skep ’n tref­fen­de fo­kus­muur met teks­tuur­ry­ke plak­pa­pier en me­taal­verf.

1 Verf­ba­re plak­pa­pier is ’n kos­te­doel­tref­fen­de ma­nier om ’n pa­troon-fo­kus­muur te skep en in die kleur van jou keu­se af te rond. Ons het verf­ba­re ge­ëm­bos­seer­de plak­pa­pier uit Fi­red Earth se Da­mask-reeks ge­bruik en dit ge­verf met hul Brus­hed Me­tal-wa­ter­verf in die kleur Foxy. Plak die pa­pier vol­gens die ver­vaar­di­ger se aan­wy­sings en ge­bruik ’n ho­ë­ge­hal­te-plak­pa­pier­gom soos Per­fax Wal­l­pa­per Ad­he­si­ve – een sak­kie dek so­wat 4 m2. Stryk e­ni­ge bor­rels met ’n sag­te spons uit ter­wyl dit nog nat is om se­ker te maak jy het ’n e­ga­li­ge op­per­vlak wan­neer dit droog is.

2 Die plak­pa­pier moet so­wat 24 uur kans kry om droog te word voor jy dit verf. Fi­red Earth se Brus­hed Me­tal-verf dek so­wat 6–8 m2 per li­ter en t­wee lae be­hoort ge­noeg te wees. Laat min­stens vier uur droog­tyd toe tus­sen lae. Gee die verf nog 24 uur kans om be­hoor­lik uit te droog voor jy e­nig­iets teen die muur hang.

Die vin­ta­ge-kap­stok het ’n vin­ni­ge laag Du­lux Wood Pri­mer ge­kry en is af­ge­rond met ’n hel­der­wit laag Du­lux Pe­ar­l­glo Wa­ter­ba­se­de­mal­je­verf.

Wen­ke

• Moe­nie be­kom­merd wees as die pa­pier bor­rels vorm ter­wyl jy dit verf nie. So­dra dit weer droog is, sal die bor­rels ver­dwyn. • Sag­te pienk, grys en vloot­blou werk ver­al goed saam met ko­per.

In­ko­pie­lys

• verf­ba­re plak­pa­pier soos Da­mask van Fi­red Earth • Per­fax Wal­l­pa­per Ad­he­si­ve • Fi­red Earth se Brus­hed Me­tal-verf in die kleur Foxy

Ge­reed­skap

• sag­te spons • spons­rol­ler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.