Sjiek grys vir mu­re en vloe­re

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster • Sti­le­ring Mi­si O­ver­turf

Dié kleur ry steeds die de­k­or­golf – van mu­re tot vloe­re en meu­bels.

Met ’n ag­ter­grond­kleur wat nie die aan­dag steel nie, kan jou de­kor al die kol­lig vang. Grys is veel­sy­dig en maak die wis­se­ling van by­kom­stig­he­de vir el­ke sei­soen mak­lik. So­ni­ca Bucksteg ( bo) van Du­lux gee haar top-ses wen­ke vir grys in jou de­kor:

Grys, gry­ser, grys­ste

1 Wan­neer jy ’n grys ska­ke­ring kies, be­sluit of jy ’n warm of ’n koel grys wil hê; dit hang af van die on­der­to­ne van die res van jou de­ko­re­le­men­te. ’n Warm grys soos Du­lux Dus­ted Moss 2 of 3 sal af­ge­wit­te hout en lin­ne in ge­demp­te pas­tel­le kom­ple­men­teer vir ’n ro­man­tie­se ruim­te in die Fran­se plat­te­land­se styl; koe­ler Nig­ht Je­wels 3 of 4 werk weer goed saam met swart leer, kleur­vol­le mo­der­ne kuns, chroom en ho­ë­glans-meu­bels en -by­kom­stig­he­de vir die mi­ni­ma­lis­tie­se voor­koms. 2 Ver­skil­len­de gry­se saam, of grys in kom­bi­na­sie met an­der neu­tra­le k­leu­re, kan een­to­nig wees; voeg dus pa­tro­ne en teks­tuur by om dit in­te­res­san­ter te maak. 3 Deur die kon­tras tus­sen die grys ska­ke­rings waar­mee jy werk, te ver­hoog of te ver­klein, kan jy óf ’n sterk, di­na­mie­se óf ’n sag­ter, min­der dra­ma­tie­se ef­fek kry. As voor­beeld: ’n Don­ker­grys soos Nig­ht Je­wels 2 saam met meestal lig­te tot wit de­kor sal ’n tref­fen­de pa­pier-en-ink­ef­fek hê, ter­wyl ’n lig­ter grys soos Nig­ht Je­wels 4 saam met die­self­de lig­te de­kor jou ’n veel sag­ter voor­koms sal gee. 4 Grys boots reeds die “kleur” van ska­du­wees na; maak dus se­ker jy ge­bruik dit in ’n ver­trek met ge­noeg natuurlike lig. In ’n don­ker ver­trek is dit wys om kuns­ma­ti­ge lig van ver­skil­len­de bron­ne te ge­bruik. 5 Voeg war­mer e­le­men­te by vir ba­lans. Natuurlike ma­te­ri­a­le soos hout of sag­te leer sal die ruim­te ’n knus­ser ge­voel gee. 6 Kies die reg­te af­wer­king. In die mees­te ge­val­le is dit be­ter om ’n dow­we, mat af­wer­king soos Du­lux Rich Matt te ge­bruik, aan­ge­sien grys verf met ’n blink of glans­af­wer­king tot ’n me­taal­ag­ti­ge, in­dus­tri­ë­le ge­voel kan lei.

Die natuurlike pa­let van Frank­ryk en die Fran­se styl, wat ge­ken­merk word deur die li ef­lik­ste b­leek k­leu­re, het ’n groot in­druk op my ge­maak.

– An­nie Sloan

Die kom­bi­na­sie – en kon­tras – van die spie­ël met sy sil­wer raam, die ver­gul­de skerm en die bed teen ’n muur in sag­te grys to­ne het ’n dro­me­ri­ge,

ro­man­tie­se uit­wer­king.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.