Stre­pe: Kies hel­der k­leu­re

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Ash­ley Stem­mett en An­ne­lie Koor­zen • Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster

1 Die ge­bruik van ’n la­ser­wa­ter­pas ver­ge­mak­lik die taak om die stre­pe vir die fo­kus­muur te mas­keer, maar jy kan ook ’n ge­wo­ne wa­ter­pas ge­bruik.

2 Jy moet eers al­ter­na­tie­we stre­pe mas­keer en verf. Wan­neer die eer­ste stre­pe droog is, ver­wy­der die mas­keer­band en mas­keer die stre­pe tus­sen­in.

Kies ge­rus hel­der k­leu­re vir ’n kin­der­ka­mer en sit

jou eie vi­niel­plak­kers by.

3 Dit help om vol­gens ’n plan te werk. Ons s’n is teen die kant van die kas vas­ge­plak. Werk die breed­tes uit en be­plan die k­leu­re voor­dat jy be­gin verf.

Maak jou eie vi­niel­plak­kers deur eers die ont­werp met kool­pa­pier op die vi­niel af te trek. Knip dan die gra­fie­se vorms met ’n skêr uit. Rang­skik die plak­kers eers met won­der­gom teen die muur.

Ver­wy­der die mas­keer­band ver­sig­tig, an­ders kom die verf daar­mee saam – dit help om ’n soort skêr-ak­sie te ge­bruik deur die band teen ’n ef­fens skuins hoek af te trek.

Wan­neer jy te­vre­de is met die rang­skik­king van jou plak­kers, trek die rug­kant af en plak die vorms teen die muur vas.

In­ko­pie­lys • Du­lux Luxu­ri­ous Silk (dis was­baar en daar­om per­fek vir ’n kin­der­ka­mer) of a­kriel-pva in die k­leu­re van jou keu­se • drup­vel­le • vi­niel­plak­kers Ge­reed­skap • wa­ter­pas • pot­lood • mas­keer­band • verf­kwas­te of ’n stel ver­frol­lers van ver­skil­len­de breed­tes

Be­stel vi­niel­plak­kers by my­wal­l­tat­toos.com of

de­waal­art.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.