Ver­weer in die Fran­se styl

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Na­ta­lie Bor­u­vka ● Fo­to’s El­za Roux en ver­skaf

Voor jy groot geld uit­haal vir ’n an­tie­ke bed­kas­sie, gee lie­wer jou ou kas­sie nu­we le­we met ’n ver­weer­teg­niek. Die verf­spe­si­a­lis

S­han­dor Da­o­lio wys ons hoe …

So maak jy ...

Voor­af Skuur die kas­sie af met die 100-grint-skuur­pa­pier (werk saam met die grein). Vee al­le stof met ’n klam lap af. Wend die veel­doe­li­ge on­der­laag aan met die me­di­um­breë kwas (werk weer saam met die grein), maar laat die hout plek-plek deur­kom. Laat dit goed droog word. 1 Meng die e­mal­je­verf met ’n bie­tjie ter­pen­tyn en “trek” dit met ’n skoon, me­di­um­breë kwas oor die on­der­laag; laat die hout en die on­der­laag plek­plek deur­kom. Gee die verf kans om heel­te­mal droog te word – dit be­hoort so­wat t­wee dae te neem, af­han­gen­de van die weer. 2 Skraap dan van die verf of on­der­laag met ’n lem af van dié de­le wat na­tuur­lik sou ver­weer, soos ver­he­we ran­de en hoe­ke. 3 Maak ’n gla­suur­meng­sel van 1 deel Payne’s Grey- en/of Raw Um­ber-verf, 2 de­le ne­wel­gla­suur en 1 deel ter­pen­tyn. Die meng­sel moet soos ’n pas­ta lyk – nie te dun of te lo­pe­rig nie. Neem ’n fyn kwas­sie en verf dit aan op die af­ge­skraap­te ran­de en e­ni­ge an­der plek­ke waar jy de­tail wil be­klem­toon. Wag tot heel­te­mal droog en wend was of min­stens 2−3 lae mat lak­verf aan. Her­haal een keer per jaar om die op­per­vlak nuut te hou.

S­han­dor Da­o­lio Pleks dat jy daar van ont­slae raak, verf dit – daar’s al­tyd plek vir meu­bels met ’n an­tie­ke

voor­koms in ’n huis. – S­han­dor

KON­TAK S­han­dor Da­o­lio 082 892 8926

Wenk

Los die natuurlike hout van die laaie en blad on­ge­verf en be­han­del dit met hel­der mat ver­nis – die kon­tras sal jou bed­kas­sie meer ka­rak­ter gee.

In­ko­pie­lys • 100-grint-skuur­pa­pier • veel­doe­li­ge on­der­laag • ter­pen­tyn • e­mal­je­verf met o­lie­ba­sis • Win­ton Oil Co­lour-verf in die k­leu­re Payne’s Grey of Raw Um­ber • ne­wel­gla­suur • Woodoc An­ti­que Wax of S­pra­yon Cle­ar Matt La­c­quer Ge­reed­skap • skoon, sag­te doek • 2 me­di­um­breë verf­kwas­te • fyn, sag­te ny­lonkwas • lem, hand­werk­mes of verf­skra­per

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.