Pa­ti­o­meu­bels op­ge­dol­lie

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Kim Bou­gaardt ● Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster

Die kus­sings op ’n ou stoep­stel het ’n splin­ter­nu­we voor­koms ge­kry dank­sy ’n lek­sel verf en ’n goeie skoot en­toe­si­as­me.

Die self­doe­ner Meg­gan Lap­ham wou nu­we le­we in die ge­sin se ou stoep­stel blaas, want die kus­sings het deur die ja­re ver­bleik en hul f­leur ver­loor. Aan­vank­lik het haar man, Er­nest, pro­beer om die oor­trek­sels te kleur, maar dit het op ’n al­ge­he­le ramp uit­ge­loop!

Meg­gan het toe al heel­par­ty an­der pro­jek­te met An­nie Sloan-verf vol­tooi, en toe sy ver­neem dat jy dit selfs op lap kan ge­bruik, wou sy da­de­lik kyk of dit werk. En was sy nie be­ïn­druk nie! “Dis so­veel p­ret, en so mak­lik – e­nig­ie­mand kan dit doen! Ek sal dié pro­jek aan­be­veel by al­mal wat graag self din­ge in en om die huis op­knap,” sê Meg­gan nou.

So het sy ge­maak ...

Meg­gan het vier blik­ke An­nie Sloan-verf in die kleur Na­po­le­o­nic Blue ge­koop, dit met ’n bie­tjie wa­ter ge­meng (500 ml wa­ter op 1 li­ter verf) en met haar An­nie Sloan-kwas op die lap ge­verf. Sy het eers net een laag aan­ge­wend, dit laat droog word en toe hier en daar nog ’n bie­tjie aan­ge­tik vir die per­fek­te af­ron­ding.

Toe die verf droog was, het sy ’n laag An­nie Sloan Cle­ar Wax met ’n lap­pie aan­ge­wend. Die was b­ring nie net die kleur lief­lik uit nie, maar gee die kus­sings ook ’n leer­ag­ti­ge glans en ver­se­ker dat die ma­te­ri­aal wa­ter­dig is.

Dié pro­jek sal jou so d­rie tot vier uur neem – Meg­gan het die og­gend be­gin en kon haar han­de­werk teen tee­tyd daar­die mid­dag be­won­der.

Dié ou kus­sing­oor­trek­sels lyk soos nu­wes na­dat dit on­der ’n lek­sel An­nie Sloan-verf

deur­ge­loop het.

Die y­we­ri­ge self­doe­ner Meg­gan Lap­ham

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.