Een kas, t­wee teg­nie­ke

Een ou kas­sie se d­rie le­wens (tot dus­ver).

Tuis Verf Dit - - INHOUD - Deur Jo­hané Neil­son en Marilize Spies Fo­to’s Francois O­ber­hol­ster

Kleur­vol re­tro

Om­dat wa­ter­ska­de aan dié ou kas­sie in sy eer­ste le­we te erg was vir af­skuur en ver­nis, is die he­le op­per­vlak ge­verf. In sy twee­de le­we het die kas­sie toe ’n re­tro-voor­koms in dra­ma­tie­se k­leu­re ge­kry. Die kas se raam en deu­re is ge­verf en die laai­voor­kan­te met oor­skiet­lap en pa­pier ver­sier.

1 Skuur die kas lig­gies en vee skoon met ’n klam lap. 2 Wend een laag Du­lux Su­per­grip as on­der­laag aan en laat dit oor­nag droog word. 3 Wend daar­na t­wee lae verf in die k­leu­re van jou keu­se aan (ge­bruik die spons­rol­ler) en laat el­ke laag goed droog word. Hou in ge­dag­te dat verf met ’n o­lie­ba­sis lan­ger neem om droog te word as wa­ter­ba­sis­verf. 4 Ver­sier die laai­voor­kan­te na jou smaak. Sny die pa­pier of lap in die ver­lang­de vorms en plak dit met Mod Pod­ge vas. Verf t­wee lae Mod Pod­ge bo-oor om die af­wer­king te se­ël. Sit laas­tens nu­we hand­vat­sels aan – dit sal die kas­sie nog meer spe­si­aal laat lyk.

Mo­dern

Deur plek-plek de­le van die hout te ont­bloot en dit met wit verf af te wis­sel, kry die kas ’n der­de le­we – dié keer meer kon­tem­po­rêr, dog klas­siek in neu­tra­le wit wat in feit­lik e­ni­ge ver­trek sal pas.

1 Haal al die hand­vat­sels af en ver­wy­der die be­staan­de verf, pa­pier, lap en en Mod Pod­ge met verf­stro­per. 2 Was die he­le kas dan met sui­ker­seep. 3 Skuur e­ni­ge on­e­ga­li­ge plek­ke of verf­vlek­kies uit; skuur ook e­ni­ge ou ver­nis af van die de­le wat nie ge­verf gaan word nie. LW In­dien jou kas nie van so­lie­de hout is nie, maar ’n fi­neer­af­wer­king het, moet jy baie lig­gies skuur. 4 Vee e­ni­ge stof met ’n klam lap­pie af en laat die hout goed droog word. Verf dan met ’n spons­rol­ler t­wee tot d­rie lae verf aan die laaie, deu­re en an­der op­per­vlak­ke. Laat dit goed droog word voor jy die hand­vat­sels aan­sit.

Wat jy no­dig het

• 180-grint-skuur­pa­pier • on­der­laag • verf in die k­leu­re van jou keu­se • deur­hand­vat­sels • plak­pa­pier, ge­skenk­pa­pier of stuk­kies lap • Mod Pod­ge en smal kwas • k­lein spons­rol­ler • verf­bak • skêr • li­ni­aal of maat­band

Voor

Dié mooi kas­sie het lank in ’n was­ka­mer weg­ge­steek ge­staan en er­ge wa­ter­ska­de op­ge­doen.

Wat jy no­dig het

• verf­stro­per • sui­ker­seep • or­bi­taal­skuur­der en me­di­um­grint­skuur­sky­we • wit wa­ter­ba­sis-e­mal­je­verf met ’n mat af­wer­king • k­lein spons­rol­ler • verf­bak

Wenk

As jy nie self die kas­sie wil af­skuur nie, kan jy die verf by ’n doop-en­stroop-on­der­ne­ming laat ver­wy­der. Soek aan­lyn vir ’n plek

na­by jou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.