Re­dak­teurs­brief

Tuis Verf Dit - - INHOUD -

My eer­ste her­in­ne­ring aan kleur was ’n see­groen­blou­lig­pers vol­vloer­mat in ons huis in Bell­vil­le. Die meu­bels was wit, nes die lang­haar­mat op die ein­ste see­groen­blou-lig­pers mat.

La­ter ja­re was daar my pa se Ford Gra­na­da met sy “ka­poen”-kleur – so ’n vuil hel­de­ro­ran­je-bruin. Na­tuur­lik is daar nie ’n kleur soos “ka­poen” nie; uit vrees vir aan­stoot gee, sal ek maar net sê die een deel van die naam ver­wys na pam­poen ...

Ja­re te­rug ver­tel ’n pre­di­kants­vrou-vrien­din hoe sy een­dag as sy haar eie huis het, nooit ooit weer ’n room­kleu­ri­ge muur wil hê nie. Want in al die pas­to­rieë die land oor is dít die kleur van die bin­ne­mu­re. ’n Pas­to­ra­le, dien­li­ke room­kleur. Die kleur van troos en lei­ding.

Maar kies jy nou weer sterk k­leu­re, moet jy ver­sig­tig wees, want jy kan jou­self in ’n spreek­woor­de­li­ke hoe­kie vas­verf. Ek het al.

My vo­ri­ge bly­plek was ’n sol­der­ti­pe woon­stel hier in Kaap­stad, als in ska­ke­rings van wit. Dis nou bui­ten die kom­buis. Wit kas­te, ja, maar die werk­vlak­ke ’n skreeu­en­de spik­kel­rooi. Red Shim­mer, was die pro­duk­kleur. En glo my, dit was rooi, en dit het ge-“shim­mer”.

Die dag in die kom­buis­win­kel was ek tot daar­die rooi blad aan­ge­trok­ke soos die son tot die aar­de. Toe was dit ’n per­fek­te kos­mos.

T­wee jaar la­ter was die swaar­te­krag ver­steur. Dit het vir my ge­voel die he­le woon­stel is rooi. Ek het mu­re ge­verf om die rooi te “breek” – son­der suk­ses. Ek het hout (’n lang eet­ka­mer­ta­fel) en leer (’n rus­bank) in­ge­bring, maar steeds het die rooi kom­buis ge­skyn soos ’n vlot in ’n karnaval-op­tog.

Dis hoe­kom ek so baie hou van verf. In die kon­teks van huis­op­knap is dit die goed­koop­ste ma­nier om ’n groot ver­skil te maak. En as jy ’n jaar la­ter moeg is vir Pam­plo­na Pur­ple, is ’n trans­for­ma­sie net ’n blik en ’n kwas ver. Jy hoef nie nu­we werk­vlak­ke te laat in­stal­leer nie.

Ty­dens die op­knap van my nu­we huis hier in die stad het ek die per­fek­te blou vir ’n fo­kus­muur in die kom­buis ge­soek – en ge­kry. Toe Paul, die bou­er, be­gin verf, sê ek nog­al die og­gend vir hom: S­tuur ’n fo­to, ek wil sien. Paul het nie die fo­to ge­stuur nie.

Toe ek die aand ná werk by die huis in­stap, het Paul ge­straal, en ek ge­stei­er. Want die blou is blóú. “Paul,” sê-vra ek, “Is dit die reg­te kleur?” Hy ant­woord ver­ont­waar­dig: “Daais mos die kleur wat Wi­cus ge­kies het.” En dit was …

Nou, am­per t­wee jaar la­ter, raak die blou vir my net mooi­er. Ek het ’n skil­de­ry teen die kag­gel­muur ge­hang, en in die kom­buis is dit die per­fek­te ag­ter­grond vir ’n ry vet­plant­jies in klei­pot­jies.

Dié keer was dit ’n goeie uit­koms. Dié blou gaan ek hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.