KOM TOT RUS – DINK AAN JA­PAN

Tuis Verf Dit - - VOOR EN NÁ -

Volg dié vyf mak­li­ke, be­kos­tig­ba­re stap­pe en

skep ’n kal­me­ren­de ruim­te.

Du­lux Co­lours of the Wor­ldtm put in­spi­ra­sie uit die mooi­ste land­skap­pe op aar­de. Die Du­lux-bin­ne­verfreeks is was­baar en gee die mi­ni­mum reu­ke af – daar­om was dit die voor die hand lig­gen­de keu­se toe ons dié oop­plan-leef­a­rea wou ver­nu­we. Kyk wat het ons met die Ba­lan­ced Ja­pantm-pa­let ver­mag ...

1 Skep ver­skil­len­de so­nes

’n Oop­plan-leef­wy­se is ti­pies van die hui­se in Ja­pan, waar ver­trek­ke naat­loos by me­kaar aan­sluit. Tog is dit be­lang­rik om dié on­der­skeie ruim­tes te de­fi­ni­eer.

Met Du­luxtm se bin­ne­muur­ver­we in die Ba­lan­ced Ja­pantm-pa­let kan jy mak­lik ver­skil­len­de so­nes skep. Hier het ons die he­le sit­ge­deel­te ver­nu­we met Gent­le Ja­pantm-verf, en ’n meer dra­ma­tie­se eet-a­rea ge­skep met t­wee ska­ke­rings op die mu­re: Ten­der Ja­pantm op die boon­ste helf­te en Rich Ja­pantm on­der. WENK Ge­bruik ’n wa­ter­pas wan­neer jy reg­uit lyne moet trek.

2 Skep or­de

Die Ja­pan­se styl is si­no­niem met rus­tig­heid; dit fo­kus op ’n mi­ni­ma­lis­tie­se de­kor­be­na­de­ring son­der tier­lan­tyn­tjies. Hoe doen jy dit?

Een­vou­dig: Raak ont­slae van al­les wat on­no­dig is en hou al­les wat nie ge­reeld ge­bruik word nie, uit die oog.

Hier het ons ’n ou staal­ka­bi­net in­ge­span na­dat ons dit met Ham­me­ri­tetm se Ham­me­red Bron­ze ge­verf het; die grow­we mand­jies is nut­tig en lyk mooi in dié voor­heen on­der­be­nut­te hoe­kie.

3 Ge­bruik wat jy het

Jy gaan be­slis nie kalm bly deur jou bank­ba­lans in die rooi te s­tuur nie – ge­bruik lie­wer ar­ti­kels wat jy reeds het en ver­nu­we dit met ’n lek­sel verf.

Die be­staan­de ga­le­ry­muur het ons die plan ge­gee om net min­der ra­me te ge­bruik, dit met oor­skiet­verf op te kik­ker en nu­we pren­te wat ons óf self ge­te­ken óf van die in­ter­net af ge­druk het, by te voeg. Een­vou­dig, tref­fend en be­kos­tig­baar.

4 Sit groe­nig­heid by

Ons het ’n bie­tjie kleur gaan leen by bam­boes, ’n al­ge­me­ne ont­wer­pe­le­ment in Ja­pan­se hui­se, en tit­sels groen reg­deur die ruim­te ge­bruik om al­les saam te voeg.

Wil­ger­tak­ke in ’n ou bot­tel wat in Du­lux Rich Ja­pantm ge­doop is, gee tref­krag in ’n kits, ’n groen ge­streep­te mat ver­sag die don­ker vloer en ver­skaf warm­te on­der jou voe­te, ter­wyl ’n groen ke­ra­miek­stoel­tjie en ta­fel­doek die neu­tra­le pa­let op­hel­der.

Nie alleen b­ring dié groen ak­sen­te die na­tuur bin­ne­toe nie, maar saam met die Du­lux Ba­lan­ced Ja­pantm-pa­let ver­sterk dit die kalm at­mos­feer. WENK Blare en tak­ke lyk nie net mooi nie, dit hou ook lan­ger en kos heel­wat min­der as vars sny­blom­me.

5 Bly kalm

Du­lux Co­lours of the Wor­ldtm gee jou een­vou­di­ge, moei­te­lo­se kleur­kom­bi­na­sies wat e­nig­een kan ge­bruik. Al wat jy hoef te doen, is: Ver­beel jou (dink aan ’n be­stem­ming) Kies (jou kleur) Vi­su­a­li­seer (pas dit toe op jou eie ver­trek of pro­jek)

REGS Wie sou kon raai dat die kas in die hoek ( bo) eens só ge­lyk het: oud en ge­roes!

Dank­sy Ham­me­ri­tetm­verf is hy nou so goed soos

’n nu­we.

K­leur­ver­wy­sings is so ak­ku­raat as wat die druk­pro­ses toe­laat. Ver­wys asseblief na die strook- of stan­daard­kaar­te of kleuruit­stal­lings op win­kel­rak­ke vir ’n ak­ku­ra­te voor­stel­ling van die kleur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.