’n Ken­ner sê

Tuis Verf Dit - - VOOR EN NÁ -

Vir die “ge­was­te” mu­re het Lisa ’n meng­sel van oor­skiet-teks­tuur­ver­we ge­bruik. So­ni­ca Bucksteg ( on­der), kleur­ken­ner van Du­lux, sê hoe jy die­self­de ef­fek kan ver­kry: 1 Maak se­ker jou op­per­vlak is ste­wig, skoon, droog en daar is geen stof, vui­lis of o­lie­rig­heid op nie. 2 Vul e­ni­ge on­ge­lyk plek­ke met ’n ge­skik­te Du­lux­vul­stof. 3 Ge­bruik Du­lux Pe­arglo Wa­ter­ba­sed-e­mal­je­verf in die kleur Nig­ht Je­wels 3 as ba­sis, wend t­wee lae aan en laat so­wat t­wee uur tus­sen lae toe om droog te word. 4 Nou kan jy die ge­was­te ef­fek skep deur ’n gla­suur­meng­sel met ’n kwas, spons of skoon lap aan te wend. Meng die gla­suur soos volg: 1 deel ne­wel­gla­suur met 1 deel Du­lux Pe­ar­l­glo Wa­ter­ba­sed Bril­li­ant Whi­te. Wend die meng­sel in ’n sir­kel- of vee­be­we­ging aan tot jy te­vre­de is met hoe dit lyk. Be­dek die he­le muur so. Wenk Maak el­ke muur klaar voor jy die aan­lig­gen­de mu­re verf; so kan die verf droog word en sal dit nie klad in die hoe­ke waar mu­re by me­kaar aan­sluit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.