UIT DIE BLOU­TE

Tuis Verf Dit - - DULUX PROMOSIE -

Gee jou kre­a­ti­wi­teit vrye teu­els met tyd­lo­se ska­ke­rings van blou wat ’n waar­lik Noor­se

ge­voel wek.

Kleur is een van die een­vou­dig­ste, be­kos­tig­baar­ste mid­dels wat at­mos­feer en ka­rak­ter aan ’n ver­trek kan gee. Du­lux se Co­lours of the Wor­ldtm-verf is was­baar en gee min reu­ke af, wat dit i­de­aal maak vir bin­ne­mu­re.

Ons het ’n shab­by-sjiek ruim­te splin­ter­nuut laat lyk met verf uit die Pe­a­ce­ful S­can­di­na­vi­atm-pa­let. Dié vre­di­ge, vars pa­let weer­spie­ël die skoon­heid van S­kan­di­na­wië se y­si­ge win­ter­land­skap en be­staan uit vyf klaar­ge­meng­de k­leu­re – al­mal pas by­me­kaar, wat die keu­se van kleur­kom­bi­na­sies ver­ge­mak­lik.

Raam jou ven­ster

Jy het nie al­tyd kuns­wer­ke no­dig om ’n muur tref­krag te gee nie; dié ven­ster vang die kol­lig dank­sy ’n raam ge­verf met Rich S­can­di­na­vi­atm, die­self­de ska­ke­ring as die fo­kus­muur. Die muur langs die ven­ster is met Gent­le S­can­di­na­vi­atm ge­verf.

Ver­fris meu­bels

Verf kan ook ’n vars voor­koms aan meu­bels gee. Na­dat die ou kas se pa­ne­le ’n laag Tru­ly S­can­di­na­vi­atm ge­kry het, ska­kel dit nou be­ter by die nu­we kleur­ske­ma in.

Die reg­te ak­sen­te

Om die tren­dy S­kan­di­na­wie­se voor­koms ver­der te ves­tig, is aard­se ak­sen­te in lig­te hout by­ge­voeg – soos die her­win­de voer­trog wat nou as boek­rak dien en die ka­bel­tol wat ’n bed­ta­fel­tjie ge­word het.

’n In­dus­tri­ë­le staan­lamp gee ’n kon­tem­po­rê­re kin­kel, ter­wyl groe­pe ver­sa­mel­goed in neu­tra­le ska­ke­rings nog tref­krag by­voeg. En wat sal ’n S­kan­di­na­wie­se ver­trek nou son­der ’n tak­bok­ho­ring wees? Dié een (van hars) is van Wey­landts.

Sag­te by­kom­stig­he­de in spat­sels ys­blou rond die ge­heel af.

Strooi­kus­sings en grof­ge­brei­de de­ken van Wey­landts; pels­kus­sing van Wool­wort­hs K­leur­ver­wy­sings is so ak­ku­raat as wat die druk­pro­ses toe­laat. Ver­wys asseblief na die strook- of stan­daard­kaar­te of kleuruit­stal­lings op

win­kel­rak­ke vir ’n ak­ku­ra­te voor­stel­ling van die kleur.

Al die k­leu­re is uit die Pe­a­ce­ful S­can­di­na­vi­atm­kleur­pa­let van Du­lux se Co­lours of the Wor­ldtm­ver­sa­me­ling.

Die ter­ra­cot­ta-blom­pot is in Tru­ly S­can­di­na­vi­atm ge­doop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.