V&A

MET AN­NIE SLOAN

Tuis Verf Dit - - VOORENNÁ -

Ons het die kryt­ver­f­ghoe­roe ge­vra wat­ter soor­te lap die ge­skik­ste is vir haar pro­duk.

V: Kan ’n mens An­nie Sloan-verf op e­ni­ge teks­tiel ge­bruik?

Ons het ons verf al op ver­skeie soor­te lap ge­toets – ook flu­weel – en het nog geen pro­ble­me on­der­vind nie.

V: Sou jy men­se aan­raai om An­nie Sloan-verf vir self­doen­pro­jek­te met lap te ge­bruik?

Ons kan dit be­slis aan­be­veel. Jy kan An­nie Sloan di­rek op die lap verf, of die lap in ver­dun­de verf doop vir ’n sub­tie­ler kleur.

V: Moet jy wa­ter by die verf voeg as jy lap daar­mee wil verf?

Ja, dis be­lang­rik om die verf te ver­dun so­dat dit mak­li­ker aan­wend; dit keer ook dat klon­te in die verf vorm.

V: Moet jy die pro­jek met was af­rond?

Nee, dis nie no­dig nie; as die verf eers droog is, sal dit nie op jou kle­re af­gee nie. Maar ge­bruik ge­rus was vir ’n sag­te, leer­ag­ti­ge voor­koms. Moet net nie flu­weel met was se­ël nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.