... met sag­te blou­groen to­ne

Tuis Verf Dit - - KLEUR JOU WÊRELD - Fo­to’s El­za Roux

Par­ty sê blou­groen en an­der praat van duif­grys­blou (“duc­kegg blue” in En­gels). Wat jy dit ook al noem, dis ’n lief­li­ke kleur

om mee te werk.

Blou­groen vind aan­slag by mans én vroue en kan daar­om ’n sag­te, vrou­li­ke voor­koms as­ook ’n meer man­li­ke ge­voel in ’n ver­trek skep, sê die P­re­to­ri­a­se bin­ne­ver­sier­der Lise van Rens­burg. Dit is dees­dae ver­al ge­wild in hui­se waar die ei­e­naars ’n Fran­se plat­te­land­se voor­koms wil skep. “Duif­grys­blou kan baie suk­ses­vol ge­bruik word as ’n ak­sent­kleur in ’n oor­we­gend neu­tra­le kleur­ske­ma,” sê Lise. Sy ver­dui­de­lik hoe sy te werk ge­gaan het in dié ver­trek ...

Wen­ke vir blou­groe­ne

1 Oor­weeg dié d­rie as­pek­te wan­neer jy ’n kleur­pa­let kies: die ba­sis­kleur, ver­skil­len­de ska­ke­rings van die ba­sis­kleur en laas­tens die ak­sent­kleu­re. Die ba­sis­kleur (as jy van dié mu­re hou, pro­beer Du­lux Ble­a­ched Li­nen 4) be­slaan die groot­ste deel van die ske­ma en vorm jou skil­der­doek. Maar span ook ska­ke­rings van die ba­sis­kleur in: In dié ver­trek het feit­lik al­les ’n lig­te, neu­tra­le voor­koms (die mu­re, mat, stoe­le en kof­fie­ta­fel volg al­mal die­self­de pa­let) en skep daar­om ’n har­mo­ni­eu­se ge­voel. Duif­grys­blou (teen die kas en op die strooi­kus­sings) word in k­lein hoe­veel­he­de ge­bruik – dit is die per­fek­te ak­sent. 2 Kies die reg­te ska­ke­ring van duif­grys­blou, want dit be­paal die at­mos­feer en ge­voel van die ver­trek. Wees ver­sig­tig vir ’n kleur met te veel blou to­ne, aan­ge­sien dit mak­lik tot ’n koue, kli­nie­se at­mos­feer kan lei. Duif­grys­blou met ’n rooi on­der­toon sal weer ’n kal­me­ren­de, har­mo­ni­eu­se ge­voel skep – net reg vir ont­span. 3 Be­dags sal die kleur­ske­ma mooi ver­toon in natuurlike lig; ge­bruik saans warm lig om te keer dat ’n duif­grys­blou ver­trek uit­ge­was of dof voor­kom. Kies ’n kom­bi­na­sie van be­lig­ting – van kan­de­la­bers en ge­son­ke lig­te in die pla­fon tot staan- en ta­fel­lam­pe.

4 In ’n neu­tra­le kleur­ske­ma is dit be­lang­rik om ver­skil­len­de teks­tu­re in te span. Dié ver­trek het ho­pe daar­van: die gras­mat, ge­weef­de mand­jies en rot­tang­stoe­le in die ag­ter­grond, die leun­stoe­le met hul grow­we lin­ne-oor­trek­sels en die kof­fie­ta­fel se ru­we hout­blad. 5 Her­haal duif­grys­blou in an­der ver­trek­ke – dit skep vloei deur die huis. Verf by­voor­beeld dub­be­le oop­swaai­deu­re in dié kleur so­dat dit die oog van een ver­trek na die vol­gen­de lei; dit sal boon­op die il­lu­sie skep dat jou huis gro­ter is as wat dit is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.