Blou en rooi op jou ge­moed

Tuis Verf Dit - - KLEUR JOU WÊRELD -

Blou is die ge­wild­ste kleur in die wê­reld – in kle­re­kas­te én in hui­se. Dis kal­me­rend, dit stem jou rus­tig en laat jou ont­span. Dis ook die kleur van die kuns­te. Wan­neer jy aan­ge­trok­ke voel tot blou, be­gin skryf aan ’n joer­naal, gaan te­a­ter toe, lees ge­dig­te! Maar te veel blou kan jou e­mo­si­o­neel af­sy­dig maak; moet dus nie jou kom­mu­ni­ka­sie­ly­ne af­sny nie. Rooi is die kleur van pas­sie en mo­ti­ve­ring; dit be­klem­toon le­wens­krag, am­bi­sie en be­sten­dig­heid. Ge­bruik rooi vir ’n sterk stel­ling in jou kom­buis, maar voeg nog ’n kleur by, want rooi sti­mu­leer jou eet­lus en kan dit moei­lik maak as jy ’n paar ki­lo’s pro­beer af­skud! Ge­bruik rooi wan­neer jy jou man moet staan of ’n e­ner­gie-in­spui­ting kort – soos by die gim­na­si­um. Geel lig jou ge­moed in ’n kits. Dis die kleur van warm­te en in­spi­ra­sie. Dis ook die kleur van en­ge­le – hei­li­ges word dik­wels met ’n geel stra­le­krans om die kop uit­ge­beeld. Maar dis ook die kleur van ja­loe­sie, soos in die uit­druk­king “die geel­baad­jie dra”. Die kleur help jou fo­kus en kon­sen­treer – daar­om dat no­tap­lak­ker­tjies meestal geel is. Wan­neer jy aan­ge­trok­ke voel tot geel wil jy meer self­ver­se­kerd wees, wil jy in­stink­tie­we be­slui­te neem pleks van eers die kat uit die boom kyk. – Lien Pot­gie­ter, kleur­kon­sul­tant by the­co­lou­rop­ti­on.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.