Meestal A’s: vin­ta­ge

Tuis Verf Dit - - VRAELYS -

Jy hou van als wat oud is en ’n sto­rie ver­tel, of dit nou ’n erf­stuk van jou ou­ma of ’n vonds uit ’n twee­de­hands­win­kel is. Hoe meer die verf af­dop, hoe be­ter. Ont­wer­per­meu­bels is die laas­te ding wat jy wil hê – be­hal­we mis­kien net een stuk vir ba­lans tus­sen die ougoed. Jy skroom nie om hout te verf nie, maak nie saak of dit ’n meu­bel­stuk, ’n vloer of ’n den­ne­hout­pla­fon is nie. Ou­tyd­se blou is ge­wild vir kos­kas­te, ter­wyl geel en pienk net so ge­lief is. En as jy nie eint­lik van kleur hou nie, is wit jou beste maat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.