Wit kant bo

Tuis Verf Dit - - VERF RAAD -

Ek het knoets­den­ne­hout­pla­fon­ne en wil hul­le graag verf. Hoe gaan ek te werk?

Non­ku­lu­le­ko M­cu­nu, Du­lux-ken­ner, ver­dui­de­lik Dié taak kan moei­li­ker wees as wat dit lyk, want dit be­hels ’n verf­teg­niek teen ’n op­per­vlak bo jou kop!

Be­gin deur die den­ne­hout­plan­ke met ’n klam lap af te vee om al­le stof en vui­lis te ver­wy­der. Volg dan dié stap­pe, af­han­gen­de van hoe wit jy die hout wil hê: 1 Vra jou plaas­li­ke verf­han­de­laar om vir jou ’n verf­mon­ster te maak deur ’n wit tint by ’n k­lein blik (1 li­ter) Du­lux Pe­ar­l­glo-e­mal­je­verf te meng. Die hoe­veel­heid tint hang af van hoe wit jy die eind­re­sul­taat wil hê. Verf die meng­sel aan die pla­fon soos jy met e­ni­ge pla­fon­verf sou doen. Hou net in ge­dag­te dat dié be­paal­de meng­sel die hout­grein self sal be­dek, maar jy sal nog die knoet­se in die hout kan sien – wat ’n ma­te van egt­heid aan die re­sul­taat sal ver­leen. 2 In­dien jy ’n meer af­ge­wit­te voor­koms ver­kies wat meer van die grein sal wys, meng die­self­de verf­meng­sel met ge­ly­ke de­le ne­wel­gla­suur (“scum­ble gla­ze”) en wa­ter – dit sal die meng­sel werk­baar hou tot jy te­vre­de is met die voor­koms. Wend die meng­sel met ’n dik spons aan en moe­nie te hard druk as jy wil hê die hout­grein moet nog deur die verf wys nie.

Gee ou­der­wet­se knoets­den-pla­fon­ne nu­we le­we en ver­fris ’n ver­trek met ’n

lek­sel wit verf.

KON­TAK du­lux.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.