Sak­s­meer

Tuis Verf Dit - - VERF RAAD -

Ash­ley Stem­mett, in­te­ri­eur­ont­wer­per, het ’n plan Dié muur is ge­sak­smeer voor dit ge­verf is – ’n af­wer­king wat jy ver­kry deur ’n se­ment­flod­der oor die rou ste­ne aan te smeer. Oor­spronk­lik is ’n goi­ing­sak vir die aan­smeer ge­bruik – van­daar die term “sak­s­meer” – maar van­dag word dit meestal met ’n sag­te bou­ers­kwas of kool­bor­sel en spons ge­doen. So maak jy: 1 Maak ’n lo­pe­ri­ge flod­der­meng­sel aan. Dit moe­nie wa­te­rig wees nie (dit kos oe­fe­ning om dit reg te kry); en hoe fy­ner die sand wat jy ge­bruik, hoe be­ter. 2 Maak die muur nat voor jy die meng­sel aan­wend, an­ders kan dit die klam­mig­heid te vin­nig uit die se­ment suig en sal die meng­sel nie be­hoor­lik kleef nie. Wan­neer jy in warm weer werk, moet jy die muur ook klam hou deur vir die vol­gen­de dag of t­wee ge­reeld ’n fyn sproei wa­ter daar­op te spuit. 3 Wend die meng­sel taam­lik dik oor die muur aan met ’n sag­te vloer­be­sem of kool­bor­sel, en pro­beer om die dik­te e­we­re­dig te hou (so­wat 1−2 mm); wag dat dit ef­fens uit­droog (be­lang­rik) en werk dit dan glad af met ’n nat spons. Hou die muur klam deur die bor­sel in ’n em­mer skoon wa­ter te doop en wa­ter oor die muur te spat na­ma­te jy vor­der. 4 Maak vol­le­di­ge muur­de­le klaar; moe­nie half­pad op­hou en la­ter weer be­gin nie.

WENK Oe­fen eers op ’n on­op­sig­te­li­ke a­rea tot jy te­vre­de is met die re­sul­taat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.