Verf

Tuis Verf Dit - - VERF RAAD -

Non­ku­lu­le­ko M­cu­nu, Du­lux-ken­ner, ver­dui­de­lik hoe jy dit kan verf:

• Vee die ste­ne met ’n klam (nie nat nie!) lap af om al­le stof, vui­lis en los se­ment te ver­wy­der.

• Meng ge­ly­ke de­le ne­wel­gla­suur, Du­lux A­cry­lic PVA Whi­te en wa­ter. (Die hoe­veel­heid wa­ter hang af van die af­ron­ding wat jy ver­lang.)

• Smeer die gla­suur-en-verf­meng­sel met ’n dik spons aan die ste­ne. Die gla­suur sal die verf werk­baar hou tot jy te­vre­de is met die voor­koms. Werk lig­gies, want jy wil hê die ste­ne moet plek-plek deur­skyn. Jy sal dalk ’n verf­kwas moet ge­bruik om in die diep se­ment­groe­we tus­sen­in by te kom.

• Wag tot die meng­sel droog is en wend dan ’n e­we­re­di­ge laag Du­lux Tra­de Gla­ze Co­at oor die ste­ne aan. As dit droog is, het jy ’n har­de glans­af­wer­king wat nie sal ver­geel nie en mak­lik skoon­ge­hou kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.