Werk só met wit

Tuis Verf Dit - - VERF RAAD -

Ek het ’n im­buia-eet­ka­mer­stel wat ek graag wit wil verf. Hoe moet ek die hout voor­be­rei en wat moet ek as on­de­ren bo­laag ge­bruik? Die meu­bels is oor die ja­re met o­lie be­han­del; daar­om het ek raad no­dig om dit reg te doen!

Ash­ley Stem­mett ant­woord Voor­be­rei­ding is van kar­di­na­le be­lang. Skrop eers die op­per­vlak­ke met ’n sui­ker­seep­op­los­sing om van o­lie- of was­aan­pak­sels ont­slae te raak. Maak die op­los­sing taam­lik sterk aan en ge­bruik staal­wol om die op­per­vlak­ke te skrop. S­poel die sui­ker­seep af met ’n lap en wa­ter. Laat dit goed droog word (nie in die son nie; kies lie­wer ’n on­der­da­k­a­rea met goeie ven­ti­la­sie). Toets die op­per­vlak Wend ’n bie­tjie verf (Du­lux Pe­ar­l­glo) op ’n k­lein a­rea (so­wat 5 x 5 cm) aan om te toets of al die o­lie-/was­aan­pak­sels ver­wy­der is. As die verf van die hout af los­trek, moet jy die meu­bel­stuk weer met ’n sui­ker­seep-op­los­sing was voor jy dit skuur. Trek die verf steeds los, sal jy die meu­bel­stuk lig­gies moet skuur om vat­plek vir die verf te skep. As die verf glad nie los­trek nie, kan jy met die pro­jek be­gin. Stap 1 Skuur die meu­bel­stuk­ke goed met 180-grint-skuur­pa­pier, en daar­na met 220-grint-pa­pier. Vee die stof af met ’n klam lap en laat dit droog word. Toets weer met die Pe­ar­l­glo of die verf los­trek. Stap 2 Wan­neer jy te­vre­de is dat die verf die op­per­vlak e­ga­lig be­dek, wend ’n on­der­laag aan – Du­lux Su­per­grip is wit en sal ’n goeie ba­sis vorm vir die lae wat volg. Stap 3 Laat die on­der­laag droog word voor­dat jy t­wee lae Du­lux Pe­ar­l­glo aan­wend. Laat el­ke laag goed droog word voor jy die vol­gen­de een aan­wend. Vir die beste re­sul­ta­te kan jy el­ke laag lig­gies skuur met fyn skuur­pa­pier (220-grint).

Moe­nie hui­wer om ou meu­bels te verf nie – die mees­te ver­we kan mak­lik af­ge­skuur word as jy weer die hout­voor­koms soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.