K­leur­kas­ke­na­des

Tuis Verf Dit - - VERF RAAD -

Ons het ’n maand ge­le­de in ’n huis met wit mu­re, ka­mer­deu­re en te­ëls in­ge­trek. Die deur­ko­sy­ne en ven­ster­ra­me is van hout en ons meu­bels is hoof­saak­lik don­ker­bruin. Wat­ter kleur stel jul­le voor vir die mu­re?

Mar­le­ne Kru­ger van Fan­cy That! ant­woord Voor jy op ’n kleur be­sluit, moet jy eers dink wat­ter ge­voel jy aan die ver­trek wil gee. Se­ke­re ska­ke­rings kan ’n ver­trek swaar laat lyk, ter­wyl an­der ’n lig­te en sag­te voor­koms sal skep. Jy kan ook ver­skil­len­de voor­koms­te kry deur warm en koue k­leu­re saam met neu­tra­le k­leu­re in te span.

Ek sou ’n sag­te pas­tel­kleur aan­be­veel – oor­weeg duif­blou of lig­blou en -groen ska­ke­rings. ’n Ak­sent­muur in ’n don­ker­der ska­ke­ring sal mooi lyk saam met die don­ker meu­bels; kies dan by­kom­stig­he­de wat die k­leu­re van die mu­re “op­tel” vir af­ron­ding.

’n An­der al­ter­na­tief as jy ’n muur teks­tuur wil gee, is plak­pa­pier. Ge­bruik ’n verf­ba­re ge­ëm­bos­seer­de pa­pier wat jy dan in jou ge­ko­se kleur kan verf – dit lyk ver­al mooi in ’n voor­por­taal of op ’n ak­sent­muur ag­ter ’n bed­kop­stuk. Los die kroon­lys­te en pla­fon wit vir ’n mooi, skoon af­ron­ding. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.