Kort­liks

Tuis Verf Dit - - VERF RAAD -

Hein­rich Ehlers van Sans­bu­ry Re­no­va­ti­ons and Ma­na­ge­ment be­ant­woord nog verf-vrae:

V Wat

is die beste ma­nier om verf te bê­re, en hoe lank?

Dop die blik­ke om! Maak net se­ker die dek­sel sit ste­wig voor jy dit doen. Lug in verf­hou­ers is verf se groot­ste vy­and. Deur die hou­er om te keer, “se­ël” die verf die dek­sel­ge­deel­te van bin­ne af so­dat geen suur­stof daar kan in­kom nie. Dit kan dan in ’n koel, droë om­ge­wing ge­bê­re word – ver­kies­lik op ’n k­lein hout­pa­let op ’n se­ment­vloer of op ’n ge­wo­ne hout­rak teen die muur. Jy kan verf vir tus­sen 12 en 18 maan­de so bê­re.

V Is

daar ’n ma­nier om o­lie­verf uit jou kle­re te kry?

On­ge­luk­kig nie as dit reeds droog ge­word het nie. Ge­bruik so gou moont­lik ter­pen­tyn en vryf die ma­te­ri­aal hard tus­sen jou duim en vin­gers. Sit nog ’n bie­tjie ter­pen­tyn op in­dien no­dig, maar wees ver­sig­tig vir de­li­ka­te ma­te­ri­a­le wat mak­lik ska­de kan kry. Was hier­na die kol on­mid­del­lik met ’n groen of pienk koe­kie Sun­lig­ht-seep en hang dit op die draad. Dra vol­gen­de keer ’n oor­pak!

V Ek

het my kwas in ter­pen­tyn ver­geet en toe raak dit ’n sly­me­ri­ge koek. Moet ek dit weg­gooi?

Nee, jy hoef nie die kwas weg te gooi nie. Neem ’n skoon glas­fles of k­lein kof­fie­blik en sit die kwas daar­in. Gooi ge­noeg vars ter­pen­tyn in so­dat die ha­re en die helf­te van die me­taal­om­hul­sel van die kwas be­dek is wan­neer dit reg­op daar­in staan. Druk die kwas na al­kan­te toe skoon in die ter­pen­tyn tot­dat die erg­ste aan­pak­sels af is. Her­haal die pro­ses in­dien no­dig. Ge­bruik dan ’n ou hand­doek en verf die kwas droog daar­op. Nou is dit weer ge­reed vir jou vol­gen­de verf­pro­jek.

V Ek

het pas die ba­ba­ka­mer ge­verf. Is die dam­pe ska­de­lik?

Be­slis as die ba­ba daar­in slaap! Verf­dam­pe is die re­sul­taat van ’n che­mie­se re­ak­sie tus­sen die verf en suur­stof ty­dens die droog­word­pro­ses. Dit is ge­neig om die slym­vlie­se van die neus en keel te ir­ri­teer, met moont­li­ke ne­ga­tie­we ge­vol­ge vir die si­nus­hol­tes en lon­ge. Laat die ven­sters vir die eer­ste paar dae heel­tyd oop­staan en ge­bruik ’n waai­er voor die deur­o­pe­ning vir be­ter sir­ku­la­sie. Trek die ver­trek se deur toe en toets el­ke og­gend tot die verf­reuk uit is. Vind in­tus­sen al­ter­na­tie­we slaap­plek vir jou ba­ba!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.