Mooi in wit

Tuis Verf Dit - - VERF RAAD -

Ek ver­huis bin­ne­kort na ’n strand­huis met sier­steen-bin­ne­mu­re. My vloe­re en mu­re gaan wit wees en die pla­fon­ne is van hout. My meu­bels is don­ker. Moet ek

die pla­fon ook wit verf? Ek is bang vir te veel wit.

S­hir­ley Brandon, ei­e­naar van Vin­ta­ge Li­fe in K­wazu­lu-na­tal, ant­woord Ek sal jou aan­raai om die ton­gen-groef­pla­fon­ne ook wit te verf om jou huis ’n prag­ti­ge Kaap Cod-ge­voel te gee – wat per­fek is vir ’n strand­huis. Dit sal boon­op die ver­trek­ke gro­ter en lig­ter laat voel. Ver­der sal die teks­tuur van die pla­fon­ne goed werk saam met die ru­we mu­re.

As jy be­kom­merd is oor te veel wit kan jy ’n fo­kus­muur in el­ke ver­trek verf; ska­ke­rings van grys en klip­kleu­re sal prag­tig lyk. Hou by ’n see-pa­let vir een­vor­mig­heid, en ver­skaf teks­tuur met see­gras­mat­te en ver­weer­de hout. Ge­bruik jou don­ker meu­bels tus­sen af­ge­wit­te stuk­ke om die huis te an­ker.

Die ge­heim van ’n wit in­te­ri­eur is om baie teks­tu­re te kom­bi­neer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.